ATKV-Portaal

atkv

Persverklaring en uitnodiging: Skryf in vir die ATKV se Crescendo-mentorskapprogram

LitNet ATKV-Portaal 2024-12-13

Voornemende deelnemers aan die volgende Crescendo-projek het nog tot 31 Desember 2024 kans om in te skryf. Die ATKV-Crescendo nooi uit: "Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het."

Annelie Botes (1957–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-12-12

Annelie Botes is oorlede.

Persverklaring: ATKV-toneelaanbod in 2025 "magneties"!

LitNet ATKV-Portaal 2024-12-06

Die ATKV se toneelaanbod is elke jaar verfrissend. Die toneelaanbod is nog ’n wyse waarop die ATKV belê in kreatiwiteit en verrykende stories wat gemeenskappe landswyd inspireer en bemagtig. Vanjaar bring die ATKV weer sy vier toneelprojekte na gehore onder ’n nuwe inspirasietema: "Magneties"!

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden

Naomi Meyer, Morné van Staden Onderhoude 2024-12-04

"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."

Peter Snyders (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-12-03

"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid

Naomi Meyer, Pierre van Niekerk ATKV-Portaal 2024-12-03

ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop. Om die vyftigste verjaardag van die projek te vier, is twee optofgeleenthede op Vrydagaand die 29ste November en Saterdagaand die 30ste November 2024 by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch aangebied. Pierre van Niekerk het Vrydagaand gaan foto’s neem.

Persverklaring: ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie – Wes-Kaapse amateurkore kan nou inskryf

LitNet Musiek 2024-11-27

Die ATKV en die Suidoosterfees het weer goeie nuus vir amateurkore wat gemeenskappe in die Wes-Kaap se harte met hul stemme verower. Inskrywings vir die jaarlikse ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie is nou oop.

PJ Philander (1921–2006)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-11-26

"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring | ATKV-Prestigetoekennings: "Op die skouers van reuse"

LitNet ATKV-Portaal 2024-11-22

"Die Afrikaanse gemeenskap is ’n veeleisende minnares wie se waardering jy as ’n media-instelling deurlopend moet verdien." Só het Tim du Plessis Woensdagaand (20 November) in Johannesburg gesê by die ontvangs van die ATKV se Prestigetoekenning – dié organisasie se hoogste eerbewys. Die toekenning is by dieselfde geleentheid ook aan Marida Swanepoel, Coenie de Villiers en Diana Ferrus toegeken.

WA Hickey (1909–1989)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-11-18

"Ek is op my beste wanneer ek sonder kinkels en lang draaie reguit op die man af skryf. Met tierlantyntjies het ek nog altyd gesukkel." Lees meer oor WA Hickey se lewe en werk in die AKTV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Hans du Plessis (1945–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-11-14

"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Topsy Smith (1914–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-11-06

"Ophou skryf, sal ek nie maklik nie en selfs die hartoperasie sal my nie langer as wat nodig is van my pen en papier weghou nie." Lees meer oor Topsy Smith se lewe en werk in hierdie ATKV|LitNet-Skrywersalbum, opgestel deur Erika Terblanche.

Marlene le Roux (1934–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-30

"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog

LitNet ATKV-Portaal 2024-10-29

Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.

Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede

ATKV ATKV-Portaal 2024-10-26

Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.

Cor Dirks (1911–2000)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-23

"Daar is nie ’n wenresep om kinderverhale te skryf nie, net ’n liefde daarvoor en deursettingsvermoë." Lees meer oor Cor Dirks se lewe en werk in hierdie ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in

LitNet ATKV-Portaal 2024-10-21

Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".

Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp

Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-18

"Dames en here", ’n boek rondom redenaars en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.

Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-10

Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.

Maritha Snyman (1952–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-10

"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."

Top