Filmverse is 'n reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte, vervaardig deur die ATKV in samewerking met Fopspeen Moving Pictures. In 2014 is daar 12 films van 'n seleksie Afrikaanse gedigte gemaak. In 2016 word hierdie uitsonderlike projek voortgesit, met 'n nuwe reeks gedigte. Die eindproduk is 'n DVD met die films wat nie alleen as leerhulpmiddel in klaskamers gebruik kan word nie, maar ook as 'n geskenk of dokument van ons voorste Afrikaanse digters en animeerders se werk geniet kan word.
Filmverse 1 is baie goed ontvang, en is ook vereer met nominasies vir Beste Visuele Kunste-aanbieding by: die kykNET Fiëstas, die US Woordfees se Woordtrofees, asook die Absa KKNK se Kanna toekennings. Nou word daar 'n opvolg beplan.
Belangstellende animeerders wat graag deel wil wees van Filmverse 2, kan nou hulle plek by die Filmverse 2-werkswinkels bespreek: Johannesburg: 14 & 15 September en Stellenbosch: 21 & 22 September, 2015. Vir meer besonderhede, kontak Diek Grobler by diek@fopspeen.co.za, of Nita Cronjé by nitac@atkv.org.za.


