ATKV-Portaal

atkv

Foto's: ATKV-Projekte sê dankie

Naomi Bruwer 2013-11-27 Vrydag 22 November het die ATKV-Projekte 'n gesellige kuiergeleentheid aangebied om dankie te sê vir die jaar se ondersteuning.

ATKV-simposiums vir jeug se hoofleiers

2013-10-14 Vir hoërskoolleiers is daar van 2 tot 5 Desember ’n simposium by ATKV Buffelspoort, terwyl Kaapse jeugleiers tussen 3 en 6 Desember ’n simposium kan bywoon by ATKV Goudini Spa. Vir laerskoolleiers is daar van 2 tot 5 Desember ’n simposium by ATKV Drakensville  en van 3 tot 6 Desember by ATKV Goudini Spa.

Filverse: Animasiefilms van Afrikaanse poësie

2013-10-04 "Klassieke gedigte, asook die werk van kontemporêre digters, sal gebruik word om ’n 'visuele bloemlesing' saam te stel waarin ’n dialoog tussen woord en beeld geskep word."

ATKV Boekoase by Clover Aardklop 2013: Foto's en program

Naomi Bruwer 2013-09-25 Clover Aardklop is in volle swang. Die ATKV Boekoase is een van die plekke waar jy gratis kan kuier, met boekgesprekke en diskoers op die program.

Pendoring-toekenningsgeleentheid 2013

Izak de Vries, Naomi Meyer 2013-09-25 Nie so gelukkig gewees om vanjaar die Pendoring-toekenningsgeleentheid te kon bywoon nie? Geen probleem. LitNet bied jou die geleentheid om die Pendorings te kan beleef. Saam met die foto's van Izak de Vries kan jy ook luister na klankinsette van die kunstenaars en die bekroonde advertensies sien en hoor. 

Aardklop: Rina Hugo en Zanne Stapelberg in ATKV-musiekproduksie

2013-09-19 AMEN vind binnekort by Aardklop plaas en gehore kan uitsien na vertolkings van onder andere die bekende "Magaliesburgse Aandlied", Mozart se "Laudate Dominum", "Bring Him Home" uit Les Misérables en selfs Madonna se "Like a Prayer".

ATKV-Woordveertjies 2013

Izak de Vries 2013-09-16 Die ontvangers van 2013 se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 13 September by D’Aria in Durbanville aangewys. Izak de Vries het foto's geneem.

ATKV vereer dirigent Richard Cock

2013-09-10 "Die ATKV het op 8 September ’n oorkonde aan Richard Cock, bekende dirigent en koorleier, oorhandig uit erkenning vir die diep spore wat hy die afgelope drie dekades in Suid-Afrikaanse musiek getrap het."

Virtuoos violis wen ATKV se Muziq-kompetisie

2013-09-10 "ATKV-Muziq is ’n nasionale klassieke musiek-kompetisie vir jong volwasse musici in die ouderdomsgroep 15-27 jaar. ’n Totale prysgeld van R120 000 is uitgeloof."

Clover Aardklop 2013: Tien skole ding mee om die titel van ATKV-Tienertoneelwenner

Naomi Bruwer 2013-09-03 Toneelgroepe van tien hoërskole ding tydens Clover Aardklop in die finaal mee om die gesogte titel van ATKV-Tienertoneelwenner vir 2013, met prysgeld van R45 000. Naomi Bruwer het by Lizané Basson van die ATKV uitgevind wat die gehoor kan verwag.

Nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie in Bloemfontein

2013-09-02 ATKV-Muziq is die ATKV se jaarlikse bydrae tot instrumentale klassiekemusiek in Suid-Afrika. Dit vind plaas in die vorm van ? klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici en het ’n totale prysgeld van R120 000.

Die ATKV en LAPA Uitgewers: Japie Gouws lewer verslag

Japie Gouws 2013-08-28 "Die taalfokus van die ATKV is daarop gemik dat die ATKV ’n prominente rol speel in die behoud en uitbou van Afrikaans. Die ATKV se tale-afdeling is daarvoor verantwoordelik, maar ook LAPA Uitgewers."

Finaliste: ATKV-Woordveertjies 2013

2013-08-26 Die ATKV-Woordveertjies vind vanjaar op Vrydag, 13 September by D’Aria, Durbanville plaas.

Kaapse sopraan wen ATKV-klassiekesangkompetisie

2013-08-12 Die tweede en finale ronde van ATKV-Muziqanto het die afgelope naweek tydens die Klein Karoo Klassique-fees in Oudtshoorn plaasgevind.

In Memoriam: Willem Cruywagen

2013-07-11 Die ATKV neem met hartseer kennis van die afsterwe van Willem Cruywagen, voormalige minister en oud-administrateur van Transvaal.

ATKV Senior Burgers presteer in eerste landwye Afrikaanse Talentkompetisie 2013

2013-07-09 Die eerste landwye Afrikaanse Talentkompetisie vir Senior Burgers het groot belangstelling ontlok en puik talent opgelewer.

In Memoriam: Francois Odendal

2013-06-25 Die ATKV bring hulde aan Francois Odendal (86 jaar) wat in April in Rondebosch oorlede is.  

Kinderboekskryfskool – kom leer saam by die kenners!

2013-06-25 ATKV-Projekte bied vanaf Woensdag, 26 Junie tot Vrydag, 28 Junie 2013 ’n Kinderboekskryfskool in Muldersdrift aan.  

Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie

2013-06-24 Voornemende kursusgangers moet 'n kortverhaal met 'n romantiese strekking of 'n eerste hoofstuk van 'n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 23 Augustus 2013 aanstuur.

Raak betrokke by skole, vra ATKV

2013-06-14 "Skole, as sosiale en opvoedkundige instellings, is belangrik om leerders as toekomstige leiers voor te berei op verantwoordelike burgerskap."
Top