Datum: 24 Julie
Regie: Lize Beekman
Kaartjies: R100
Vertoningbegin: 20h00
Besprekings : klt@kleinlibertasteater.co.za of 021 883 8164
“Daar is meer poësie in die sneeuvlokkie en toktokkie, as in die letterkunde, want die aarde is deur ? digter gemaak ...” Die skeppingsverhaal word oorvertel met poësie en toonsettings van die bekroonde TT Cloete, wat op 90-jarige ouderdom self, in ? intieme atmosfeer, sy gedigte voorlees. In hierdie eiesoortige produksie word musiek by die woord gevoeg deur musikante Babette Viljoen en Olga Leonard.
TT Cloete is al onder andere bekroon met die Ingrid Jonkerprys vir poësie (1980), die Hofmeyrprys vir poësie (1981, 1986, 1989), die Louis Luytprys vir poësie (1983), die CNA-toekenning vir poësie (1986), die Hertzogprys vir poësie (1987, 1993), die Rapportryersprys vir poësie (1993) en die Rapportprys (1993). TT Cloete is ook die ontvanger van die Afrikaans Onbeperk vir Lewensbydrae in 2014 by vanjaar se KKNK.
Om vir TT Cloete, as een van die groot Afrikaanse digters, steeds aan’t skryf nog met ons te hê, is ? groot voorreg. Om hierdie digter op 90-jarige ouderdom op die verhoog te kry om sélf sy werke voor te lees, is ? groter voorreg.
Hierdie bekroonde digter se werk word deur jong talentvolle musikante, Olga Leonard (MMUS Uitvoerende kunste, ATKV Crescendo Liedjieskryffinalis 2011, 2012, Lied “Liefde is al” opgeneem vir Laurika Rauch se 2014-Album) en Babette Viljoen (MA AFNL, ATKV Crescendo Liedjieskryfwenner2011, Ken jy tant Mossie?-produksie), getoonset om te wys dat die digkuns selfs vir jongmense toeganglik is. Regie word deur Lize Beekman, bekroonde liedjieskrywer en musikant, behartig.
Hierdie eksklusiewe produksie word deur die ATKV ondersteun en mag nie deur die literêre fynproewer misgeloop word nie. ? CD met toonsettings van die digter se werk en voorlesings deur die digter is opgeneem ter viering van sy 90ste verjaarsdag en word by die vertoning verkoop.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

