
Die ATKV bied vanaf Woensdag, 16 Julie tot Vrydag, 18 Julie 2014 ’n Kinderboekskryfskool in Muldersdrift aan. Gedurende hierdie skryfskool word aspirantskrywers geleer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp. Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.
Die kursusleier is prof Franci Greyling van die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Sprekers sluit in Fanie Viljoen, prof Hans du Plessis, Christien Neser, Joan Rankin, Marike Beyleveld en Miemie du Plessis.

Prof Franci Greyling
Die totale koste van die skryfskool beloop R950 per persoon en word aangebied by Glenburn Lodge (Kromdraaistraat, Swartkops, Muldersdrift). Besoek www.atkv.org.za/af/taal/kinderboekskryfskool vir meer inligting en laai die inskyrwingsvorm hier af. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag, 17 Junie 2014.
Belangstellendes moet ’n deposito van R500 betaal wanneer ingeskryf word vir die skryfskool en die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die skryfskool betaal word. Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers, so bespreek sommer vandag nog jou plek.
Vir meer inligting kontak vir Jeanné Naudé by 011 919 9088 (jeannen@atkv.org.za)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

