ATKV-skryfskool vir skrywers van romantiese fiksie

  • 0

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met liefdesverhaaluitgewers soos LAPA en NB, bied van Donderdag 4 tot Saterdag 6 September 2014 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende en bekroonde romanseskrywers, asook uitgewers soos Charlene Hougaard en Hester Carstens, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op oor die skryf van liefdesverhaalsoorte soos die romanse.

Hierdie driedag-slypskool, aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 500 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand 5 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

Voornemende kursusgangers moet ’n kortverhaal met ’n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ’n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 22 Augustus 2014 aanstuur na [email protected].

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

Laai nog inligting omtrent die lenteskool – asook die inskrywingsvorm – hier af.

Hier is nog inligting omtrent 'n gemeentebladskryfkursus wat ook deur die ATKV aangebied word.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top