Izak de Vries2014-09-10Op Vrydag 5 September 2014 is die jaarvergadering van die Vriende Van Afrikaans (VVA) op Stellenbosch gehou. Tydens dié geleentheid is eenparig besluit dat die organisasie ’n filiaal van die ATKV sal word. Die besluit is deur verskeie samesprekings voorafgegaan en was onmiddellik van krag.
Erika Terblanche2014-09-03“Solank ons Afrikaans praat, sal dit voortbestaan. As Afrikaans ondergaan, sal dit in ’n groot mate ons eie skuld wees. Al geniet Afrikaans nie meer dieselfde ‘status’ as vroeër nie, troos ek myself daaraan dat Afrikaans steeds in die volksmond en –hart lê.” Verna Vels se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Erika Terblanche2014-08-21“Geen skrywer kan in ’n lugleegte skryf nie – elkeen het weerklank nodig en dit het ek by mede-Afrikaners gekry wat my werk gelees, waardeer en ook gekritiseer het.” Lees oor die lewe en werk van Gerhard J Beukes.
2014-08-14“Afrikaans is een van die mees gevestigde tale op talle gebiede in Suid-Afrika en die toegeneendheid teenoor die taal groei van dag tot dag.”
2014-07-28Die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met liefdesverhaaluitgewers soos LAPA en NB, bied van Donderdag 4 tot Saterdag 6 September 2014 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.
Erika Terblanche2014-05-18“My verbeelding het die grootste invloed op my as skrywer. Persoonlike ervaring is net ’n vertrekpunt. As iets my ontstel, wil ek daaroor skryf.” Lees oor Sonja Loots se lewe en werk in LitNet se ATKV Skrywersalbum.
2014-05-13Gedurende hierdie skryfskool word aspirantskrywers geleer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp. Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.