Ruk en Riel op kykNET & Kie

  • 0

'n Nuwe program – Ruk en Riel – begin op 5 November om 21h00 op kykNET & Kie.

Vir die heel eerste keer op televisie bied kykNET & Kie 'n reeks aan oor die unieke rieldans van die Noord-Kaap.

Die Namakwaland word in die lente omskep in ’n kaleideskoop van lewe. Net so herleef ’n vergete dansvorm van die Namamense wanneer jongmense weer rieldans dat die stof so staan.  Ons ruk en riel in dorpe soos Wupperthal, Fraserburg, Merweville, Loeriesfontein en Elizabethfontein en sien dat elke streek unieke danspassies het, eie aan die omgewing, en dat dit oneindig baie beteken vir plaaslike gemeenskappe.

Die uitsendings van die reeks van agt Ruk en Riel-episodes begin vanaf Woensdag 5 November op kykNET & Kie.

Episode 8 is die hoogtepunt. Die reeks loop dan ten einde met die ATKV-Rieldanskompetisie se Finaal by die Taalmonument in die Paarl.

Kyk foto's en 'n video van die ATKV-Rieldanskompetisie Finaal van 2012.


Kyk hieronder na 'n video van die die ATKV-Rieldanskompetisie van 2013.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top