Op 23 April 2015, Wêreldboekdag, het die jaarlikse uitdunronde vir die Kaapse leeskompetisie weer in die Valhalla Park Openbare Biblioteek plaasgevind.

Hier is die wenners van die Afrikaanse leeskompetisie, Tameryn Witbooi (derde), Robyn Petersen (eerste) en Celena Williams (tweede) saam met DA-raadslid Micheal Britz. Britz steun hierdie projek al lank en ’n hele paar van die pryse het uit sy eie sak gekom.

Die twee wenners met hulle pryse: Robyn Petersen (links), die Afrikaanse wenner, en Lynn Schoeman, die Engelse wenner. By hulle is Alan Kannemeyer van Valhalla Park wat deel is van die span wat die hele kompetisie organiseer.

Die finaliste saam met die span van Valhalla Park.

Die heel kleintjies het rympies voorgedra.

Die kleintjies moes aantrek soos hulle gunstelingkarakter in ’n boek. Dié enetjie dink duidelik dat dit cool is om ’n dokter te wees.

En hoekom nie ’n sprokiesheld wees nie?

Dit is die jongste persoon wat die verrigtinge bygewoon het. Boeke saam met die moedersmelk is ’n wenkombinasie. Hierdie inisiatief het in 2013 ’n ATKV-Veertjie vir leesbevordering gewen.

