U skool word vriendelik uitgenooi na UKZN se Kinderboekfees, in samewerking met die ATKV en LAPA-uitgewers, wat op 25 en 26 Februarie op die Pietermaritzburg-kampus van UKZN en by Hilton College gaan plaasvind.
Hierdie fees is die enigste van sy soort in Suid-Afrika. Die fokus is op beide primêre en sekondêre leerders, sowel as Afrikaans-onderwysers.
Die volgende bekende skrywers sal as sprekers by die fees optree: Jaco Jacobs, Irma Joubert, Nico Moolman, Sophia Kapp, Dianne Stewart en Christien Neser.
Klik op die skakel hieronder vir nog inligting en die volledige program.

