Die US Woordfees 2015 in beeld

  • 0
Die opbou (4 en 5 Maart)
Die ATKV het die boekwinkel op die US Woordfees geborg en bedryf. Dit het beteken dat ’n span die winkel van niks af moes bou, en weer aan die einde van die fees weer noes afslaan.

 

Aan die begin was daar net chaos.

Toe word rakke gebou.

En nog rakke word gebou.

Die voorraad word getel.

Uiteindelik, ’n paar uur voor die fees afskop, is daar ’n winkel.

Maandag 9 Maart 2015

Nettie Cilliers, die skrywer van 101 Kleinkoekies, berei voor vir ’n kosdemonstrasie.

Die gehoor het outydse mince pies gekry.

Tannie Poppie, ons jongste kooksensasie, en Nettie Cilliers het by die ATKV-Boekwinkel ontmoet.

Zelda la Grange teken kopieë van Goeiemôre, mnr Mandela.

ST Potgieter, Madelein Rust en Martin Steyn, wat al drie opleiding in sielkunde het, bespreek die psige van die krimi.

Marita van der Vyver en Magriet Rossouw. Magriet het ’n kopie van Die coolste ouma op aarde in ’n Facebook-kompetisie gewen, en daarmee saam ook ’n heerlike koppie tee en koek saam met Marita.

Gerard Scholtz, boekeredakteur van De Kat, en Martin Steyn, die skrywer van Skuldig, loer by die ATKV-boekwinkel in.

Dinsdag 10 Maart

Joan Hambidge loer in die by die ATKV-boekwinkel. Haar bundel Matriks het ontsettend goed verkoop.

François Smith, die skrywer van Kamphoer, is soos ’n rockster ontvang..

Adriana Faling, die skrywer van Rewolusie van die hart, en Marzanne le Roux-Van der Boon, skrywer van HaKotel, die muur, teken saam-saam boeke.

Woensdag 11 Maart

Helene de Kock, die skrywer van Debora en seuns, saam met haar dogter.

Pat Stamatélos teken kopieë van My groot vet Griekse egskeiding.

Antjie Krog se bundels Mede-wete en Synapse het twee maal uitverkoop.

Madri Victor, die hoof van die skrywersfees, is aan die woord.

Fanie Viljoen met kopieë van sy boek Pleisters vir die dooies.

Jo Prins, Media24 se boekredakteur, blaai deur Antjie Krog se Mede-wete.

Lizette Murray teken kopieë van In die ligkring van Sy teenwoordigheid.

Die feeskunstenaar Herman van Nazareth by van sy skeppings.

Die ATKV-Boekwinkel was baie besig. Hier bedien Annette van Heerden, Erentia Bedeker en Hannelie van Schalkwyk die klante.

Dennis Cruywagen teken ’n kopie van sy boek Brothers in War & Peace.

Fourie Botha, digter en uitgewer by Penguin Random House.

Marguerite Poland, wat The keeper geskryf het, saam met Daniel Hugo, wat die teks vertaal het as Die bewaker.

Samantha Linsell met ’n kopie van haar boek Sweet, a demonstration of decadence.

Die historikus Bill Nasson was baie gewild onder feesgangers.

Soene, sonroom en seestrome en talle ander SSS-boeke het al gevloei uit die penne van die skrywerspaar Alet Steenkamp en Nerine Ahlers. Hier is hulle saam met Liesbet Gelderblom van LAPA.

Donderdag 12 Maart

Baassjef François Ferreira, die skrywer van Koskaskos, en Riana Scheepers, die skrywer van Vallei van melk en Heuning, het ’n prettige kosdemonstrasie in Die Kaya gedoen. Die saal was stampvol.

Dawie Louw, skrywer van eMajuba, neem ’n blaaskans.

Chanette Paul, wat Ewebeeld geskryf het, gesels met Madri Victor.

Kerneels Breytenbach teken ’n kopie van Ester. Die roman het ontsettend goed verkoop.

Marlene van der Westhuizen gesels met iemand wat haar boek Geheime van 'n Franse Kookklas gekoop het. Die boek het onmiddellik uitverkoop.

Gerrit Rautenbach, die samesteller van Mooiloop, mooiste reisstories, gesels met vriende.

Naomi Bruwer van LitNet ontspan vir ’n wyle.

Niël du Bois, die grootbaas van De Vette Mossel.

Nanette van Rooyen, Gerrit Rautenbach, Riana Scheepers en Naomi Bruwer tree op by De Vette Mossel.

Die vreemde Santa Cruz-waterlelie maak in die nag oop. Hierdie een blom in die botaniese tuin nie ver van die ATKV-Boekwinkel nie.

Vreemder as fiksie skitter die Santa Cruz-waterlelie in die nag.

Vrydag 13 Maart

Heleen Meyer, die bekende koskonsultant, se Maak Vyf was baie gewild.

Ilse Salzwedel (Van sprokie tot tragedie in die kollig) en Marida Fitzpatrick (Die Staat vs Oscar) met hulle boeke.

 

Danie Marais teken ’n kopie van Pruimtwak en skaduboksers.

Johann Bakkes, Chanette Paul, Marida Fitzpatrick en Kerneels Breytenbach tree op by De Vette Mossel.

Saterdag 14 Maart

Die fotograaf Erhardt Thiel (agter regs) word verdwerg deur sy installasie.

Regter Edwin Cameron neem ’n blaaskans voor hy kopieë van Justice – A Personal Account teken. Die boek het baie goed verkoop.

Marida Fitzpatrick praat met Bernette Bergentuin (Stilleto's van staal), Sophia Kapp (Driehoek) en Kristel Loots (Katerina se mojo) oor die grensverskuiwende aard van die moderne liefdesverhaal.

Sophia Kapp reg om boeke te teken

Rudie van Rensburg, die skrywer van Kopskoot

Irma Venter, die skrywer van Sondebok

FJ Labuschagne teken ’n kopie van sy roman Beseringstyd.

Gereelde LitNet-bydraer Jean Oosthuizen met ’n onderwerp wat na aan sy hart is.

Janita Holtzhausen van NB-uitgewers poseer by die André P Brink-uitstalling in die ATKV-Boekwinkel.

Thomas Mollett teken ’n kopie van Bloody lies.

Chris Chameleon

Tannie Poppie teken ’n kopie van Tannie Poppie kook!.

Deon Lamprecht teken ’n kopie van Tannie Pompie se Oorlog. Deon en Tannie Poppie het reg oorkant mekaar gesit en teken.

Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert hou kopieë van hulle boek Makietie vas.

Ilse Carla Groenewald met ’n kopie van haar pragboek die Afrikamasutra.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top