ATKV-Kinderboekskryfskool

  • 0

kinderboek650Die ATKV-Kinderboekskryfskool word aangebied om aspirantskrywers te leer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp.  Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.

  • Datum: Woensdag, 8 Julie – Vrydag, 10 Julie 2015
  • Plek: Glenburn Lodge (Kromdraaistraat, Swartkops, Muldersdrift, 011 668 1600)
  • Kursusleier: Prof Franci Greyling
  • Sprekers: Fanie Viljoen, Prof Hans du Plessis, Christien Neser en Miemie du Plessis.
  • Koste: R980 per persoon.  Hierdie bedrag sluit die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings gedurende die dag in.
  • Sluitingsdatum: Woensdag, 10 Junie 2015
  • Deposito: ’n Deposito van R500 is betaalbaar wanneer ingeskryf word vir die Skryfskool.  Die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die Skryfskool betaal word.

Inskrywingsvorms en die bankbesonderhede is beskikbaar by www.atkv.org.za.  Klik dan op ATKV-Kinderboekskryfskool.

Registreer so gou as moontlik.  Slegs 30 kursusgangers kan geakkommodeer word.  Maak asseblief seker dat daar nog plek is voordat jy jou deposito betaal.

Kom laat iets nuuts uit jou pen vloei!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top