KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Op 12 Oktober word Wêreldonderwysersdag gevier. ’n Paar bestuurslede van die ATKV en skrywers wie se boeke by LAPA verskyn het, deel hul herinneringe aan onderwysers wat ’n impak op hul lewens gehad het.
Riaan Visman, Naomi Meyer2012-10-10"Daar is ongelooflik baie talent onder die skoolkinders, veral vandat Kuns en Kultuur weer deel vorm van die kurrikulum, en omdat fokusskole geïdentifiseer is." Riaan Visman is aangestel as die Kunstekaap se skole-ontwikkelingspraktisyn.
Genna-Lee Kritzinger2012-10-04"Op pad na die ondergrondse vervoerstelsel luister ek na die nuus op die radio. Ek kan my ore nie glo nie. Ek weet nie of ek opgewonde of teleurgesteld moet wees nie. Daar is blykbaar ’n massiewe kompetisie in Madagaskar vir al die ondersoekende dierkundiges in die wêreld en dit begin vandag."
Lara du Preez2012-10-04"Fantasieë. Wetenskaplikes het begin om dit in 2204 te ontwikkel, toe die aarde nie meer gered kón word nie. ’n Ontsnapping van die vuil wêreld. ’n Langer en gelukkiger lewe. Koop ’n droom."
Shani van Dyk2012-10-04"Die arme haas het geen kans nie. Voor hy mooi weet wat aangaan, is Ricky bo-op hom. Net soos die klein mannetjie begin Ricky suig en hy kan homself nie keer nie. Die kop van die haas bly heel laaste oor. Beangste ogies word toegemaak toe Ricky inbeweeg vir die finale suig."
George Claassen2012-10-03"Die geskiedenis van die mens is ’n verhaal deurspek met bygeloof en môre sal daar ’n nuwe kultusleier opstaan om genoeg volgelinge sonder onsinverklikkers aan hul neuse te laat lei."
Aaron de Kock2012-10-03"’n Klomp dokters staan om my. So gretig soos aasvoëls wat ’n dooie dier gevind het. Ek hoor nie eens hoe hulle my beter wil laat voel nie. Alles voel vals. My arms, bene en nek is vasgemaak aan die bed waarop ek lê."
Chrissie Haupt2012-10-03"Die inwoners van Platville is allerhande interessante kreature, met onreëlmatige, plat figure. Maar almal van hulle het net een ding gemeen: Hulle is plat."
Jana Burger2012-10-03"Ek is nogal opgewonde oor hierdie snaakse wese wat my ma vir ons gaan koop. Van die begin van die jaar af het hulle al gepraat van hierdie robotte in koerante en tydskrifte, maar niemand het werklik geweet of die skepsel gemaak gaan word nie."
Megan Smith2012-10-03"Vir ’n week lank het mense gedebatteer oor wat moes gebeur en die oplossing was duidelik. Hulle sou nuwe blyplek moes kry. Dit het lank gevat om almal daar te kry, maar na vele jare was die maan die mens se nuwe tuiste."