WF 2012: Is 2012 dalk werklik die einde?

  • 0

’n Alternatiewe futuristiese wêreld is iets waaroor ons dikwels droom. Die meeste mense sien verbeterde tegnologie as ’n positiewe gedagte. Dit verbeter ons alledaagse lewe deur elektroniese toestelle wat ons werk vergemaklik en vermaak verskaf. Kan dit wees dat die positiewe idees wat ons met tegnologie assosieer, ons verblind vir moontlike negatiewe gevolge?

Die manier waarop ons elektroniese toestelle beheer, verander vinnig oor tyd. Aanvanklik was dit slegs elektroniese ingenieurs wat vaardig genoeg was om ’n opdrag aan ’n elektroniese toestel te gee. Kort daarna het die konsep van ’n knoppie wat gedruk word, verskyn en so kon ’n mens later selfs woordelikse boodskappe op ’n rekenaar invoer. Die konsep van ’n visuele beeld wat deur ’n rekenaar geskep word, het aanvanklik die wêreld verstom. Die wyse waarop ons vandag met rekenaars praat, het drasties verander. Die mees gevorderde wyse is om ’n rekenaar deur breingolwe te beheer. In 2006 is ’n toestel wat soos ’n hoed op jou kop pas, ontwerp. Hierdie toestel monitor breinaktiwiteit. In 2010 is hierdie toestel op die mark geplaas. Basiese gedagtes soos ’n rigting kan opgetel word en die rekenaar kan dit onthou en ’n opdrag kan aan so ’n uitkennende gedagte gekoppel word.

Die behoefte aan klein rekenaartoestelle het veroorsaak dat daar vandag selfone met dieselfde verwerkingspoed as ’n gewone huisrekenaar gemaak word. Wat sal iemand keer om ’n mikrorekenaar binne ’n mens se liggaam te probeer plaas? Toestelle wat jy by jou dra, soos ’n selfoon, wat deur breinaktiwiteit beheer word, is dus ’n gewilde konsep vir toekomstige ontwikkelings. Hoe lank sal dit dan neem voordat die internet ’n tweede virtuele wêreld word waar ons net soos in die regte wêreld kan rondstap?

As hierdie konsep realiseer, sal die individualiteit van die mens stadig maar seker vernietig word, omdat rekenaars almal dieselfde is en mense dan gelyke vermoëns het. Dit sal veroorsaak dat mense later net as nommers in ’n databasis gesien word.

In die Bybel word hierdie konsep geassosieer met die boek van Openbaring. Die vernietiging van individualisme is ’n teken dat die einde van die wêreld in sig is. Is dit moontlik dat die ontwikkeling van tegnologie die vryheid van die siel in gevaar stel?

Barak Obama, die Amerikaanse president, het die opdrag goedgekeur:  In Februarie 2013 begin die Amerikaanse regering om elektroniese toestelle wat jou persoonlike identifikasiedokumente bevat, binne-in ons handpalms te plaas. Is dit die begin van die einde?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top