KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
2012-09-12Die sluitingsdatum vir LitNet Akademies Kuberklas se opwindende wetenskapfiksie-skryfkompetisie sluip al hoe nader. Henriëtte Loubser en Jaco Jacobs gesels oor wetenskapfiksie.
Henriëtte Loubser2012-09-10"WF is baie gewilde leesstof onder kinders en jongmense, daarom is dit juis ’n potensiële bron tot leergeleenthede wat deur ouers en onderwysers ontgin kan word. Hier kan ’n mens vashaak by geletterdheidsvaardighede, maar WF bied ook ’n ideale medium vir die ondersoek van wetenskaplike en sosiale kwessies."
Simone van Loggerenberg2012-08-31"Aan die einde van die dag was ek oortuig van een ding: die ouer mense van die dorp het my aangegaap asof ek mal was."
George Claassen2012-08-30"Een van die sterkste teorieë wat oor ’n wye front aanvaar word, is dat stof- en ysdeeltjies van komete en chemiese elemente in meteoriete in die eerste miljard jaar van die aarde se bestaan, toe die planeet deur buiteruimtelike voorwerpe gebombardeer is, die oerbestanddele vir lewe geskep het."
2012-08-29"Daar is ’n sosiaal-politieke tydbom aan die ontwikkel. Sonder kwalifikasies en voldoende skoling is die jeug tot werkloosheid gedoem, wat sal veroorsaak dat hulle ’n probleem raak vir die samelewing."
Simone van Loggerenberg2012-08-13"Ek het die vrou uit my gedagtes uitgeskakel, want ek kon nie die vreemde gevoel omtrent haar verstaan nie. Teen die volgende week het ek dit reggekry om heeltemal van haar te vergeet. Tot een stormagtige Vrydagoggend."
Elzette Steenkamp, Lucia Brand2012-08-09"Hoe meer inligting daar aan die brein verskaf word, en hoe meer take aangepak word deur hierdie modaliteite (met ’n ontspanne ingesteldheid), hoe meer gebruik die brein sy eie intelligensie om te groei."
SJ Adonis2012-08-06"Ons is in die proses om ons skoolbiblioteek van die grond af toe te rus. Ons leesvlakke van veral Graad 8- en 9-leerders is kommerwekkend. Ons benodig dringend hulp met boeke en befondsing ..."
2012-08-03"Onderwys in Suid-Afrika is tydens die pas afgelope spitsberaad van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in Bellville-Suid, aangebied in samewerking met die ATKV, vergelyk met ’n terminaal siek pasiënt in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal, gekoppel aan ’n asemhalingsapparaat wat dit nog net kunsmatig aan die lewe hou."
Danie van Wyk2012-08-02Lees Danie van Wyk se bydrae tot die Onderwysspitsberaad wat op 28 Julie 2012 te Athlone Skool vir Blindes plaasgevind het. Hierdie spitsberaad is aangebied deur die SBA en die ATKV.
Henna Schwartz, Naomi Meyer, Charmaine van der Merwe2012-08-02Daar is leerders wat eerder hou van ’n verfkwas as ’n wiskunde-sakrekenaar. Hoe gemaak as hulle die vak wiskunde moet deurkom? Naomi Meyer hoor by Henna Schwartz en Charmaine van der Merwe van ’n ander benadering tot wiskunde.
George Claassen2012-08-02"Ons bring twaalf jaar van ons kort lewe op die skoolbanke deur, sterk onder die invloed van onderwysers wat ons verstand kan vorm, stuur en manipuleer om feitlik enigiets te glo."