KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Imke Burger2012-10-03"Ek kyk na die sterre en beweeg my kop. Ek probeer jare se astrologie- navorsing toepas op wat ek sien. Dan vang die maan my oog. Die skaduwee op die maan raak groter. Ek snak na my asem en val op die droë grond tussen die digte plante neer."
Lara du Preez2012-09-27"'Dit het begin.' Dis eers toe Izak vra: 'Kama?' dat ek besef ek het hardop gepraat. Ek kyk op my horlosie. 22:30. Ek het ’n uur en ’n half."
Marise Oberholzer, Naomi Meyer2012-09-27Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied in Oktober 'n gratis Wiskundekongres in Oudtshoorn aan. Naomi Meyer het vir Marise Oberholzer, Projekbestuurder: SBA Wiskundekongres, hieroor uitgevra.
Trudie Coetzee2012-09-26"Hy voel hoe elke ooglid swaarder raak; ’n swart sluier van die donker se voorbode oorval hom. Die groen entstof in die plastieksakkie waaraan hy gekoppel is, het leeggeloop."
Jan Adriaan Boshoff2012-09-26"Sy lewe in die verlede – selfs honderd jaar later is daar vir haar net één lewe, een saam met Frederik. Sonder hom voel sy leeg."
Kobus Stadler2012-09-25"Die Beskermer trek sy swaard uit sy skede en staan gereed. So vinnig soos ’n kat wat ’n muis vang, is die Beskermer by die eerste voertuig en hy druk sy swaard dwarsdeur."
Katie Müller2012-09-20"Die regte van leerders word sedert die totstandkoming van die demokrasie in Suid-Afrika dikwels oorbeklemtoon. Dit lei daartoe dat baie leerders oorbewus is van hulle regte, maar min verantwoordelikheid openbaar om hulle verpligtinge na te kom."
Jan Adriaan Boshoff2012-09-19"Die watervlakke het al klaar begin styg en dit sit al by Tafelberg se voetenent; die Kasteel lê onder die see, vergete. Ons erfenis sal tien teen een heeltemal verdwyn onder die oseane, nes Atlantis, vergete; die blou planeet sal heeltemal blou word."
Jan Adriaan Boshoff2012-09-18"Die idee het na my toe gekom in ’n droom: om vir myself ’n vrou te bou wat net soos die Vrou sou lyk, en wat ek sou kon programmeer om my lief te hê."
Emlyn Allwright2012-09-14"Die strate bruis, maar die lugkanale is vandag redelik stil. Elke paar minute slinger ’n leerling-bestuurder deur die rookmis, ’n rooi “L” geplak op hul hemeltuie."
Trudie Coetzee2012-09-13"Hy verlang na die dae van grootword met een self. Een brein, een hart, een lewe. ’n Eenvoudiger lewe. Hy verlang na haar, net vir homself. Getrou net aan hom. Die regte sy. Sy bly sy enigste vrou – al word sy tienduisend keer vermenigvuldig."
Leon Rousseau, Naomi Meyer2012-09-13In 'n wêreld waar alles anders is as dertig jaar gelede, het Storieman herleef. Naomi Meyer vra vir Leon Rousseau hoe hy weer in 2012 asem in die elf se longe geblaas het.
Emlyn Allwright2012-09-13"’n Vlinder draai stadig oor die gras en ek stop om ’n video te neem. 'Videokamera,' sê ek duidelik en fokus op die bloedrooi vlerke. ’n Polsende rooi kolletjie verskyn in die hoek van my helmkap en ek volg die vlinder met my oë om dit af te neem. Na ’n paar sekondes dartel hy, asof hy skaam is, agter die bosse in en ek deaktiveer die opnemer."
Jaco Jacobs2012-09-12"Ek gee nie regtig om wie die indrukwekkende arsenaal skietgoed ontwerp het of watter fantastiese baanbreker-wetenskap daaragter skuil nie - die belangrikste is of luitenant Ripley daai flippen ruimtegogga kan skiet dat die slym spat."
2012-09-12Die sluitingsdatum vir LitNet Akademies Kuberklas se opwindende wetenskapfiksie-skryfkompetisie sluip al hoe nader. Henriëtte Loubser en Jaco Jacobs gesels oor wetenskapfiksie.
Henriëtte Loubser2012-09-10"WF is baie gewilde leesstof onder kinders en jongmense, daarom is dit juis ’n potensiële bron tot leergeleenthede wat deur ouers en onderwysers ontgin kan word. Hier kan ’n mens vashaak by geletterdheidsvaardighede, maar WF bied ook ’n ideale medium vir die ondersoek van wetenskaplike en sosiale kwessies."
Simone van Loggerenberg2012-08-31"Aan die einde van die dag was ek oortuig van een ding: die ouer mense van die dorp het my aangegaap asof ek mal was."