ATKV-groete en -ondersteuning aan onderwysminister Angie Motshekga op Onderwysersdag

  • 0

’n ATKV-afvaardiging het op Onderwysersdag, Vrydag 12 Oktober, die kantoor van Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, in Pretoria besoek. ’n Blomme- en biltongruiker is in haar afwesigheid aan haar privaatsekretaris Steve Moboa oorhandig, aangesien sy vir twee weke nie op kantoor sou wees nie.

’n Groeteboodskap waarin sy sterkte en ondersteuning toegebid word met die groot uitdagings en verantwoordelikhede wat sy as minister van basiese onderwys het, was by die ruiker aangeheg.

Die blomme- en biltongruiker met die groeteboodskap word aan Steve Moboa oorhandig deur Sakkie Kotze (ATKV-direksielid met portefeulje Onderwys) (links) en Ben Ferreira (senior bestuurder Jeug, Onderwys en Taal).

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top