Graad 9: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2024-07-01Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2024-06-25Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 12, Wiskundige Geletterdheid: vraestel 3 en memo, tweede kwartaal
2024-06-03Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 6, Wiskundevraestel en memo: gewone en desimale breuke; persentasie
2024-05-31Gratis vraestel! Klik hier om die graad 6-vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.
Graad 5: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone
2024-05-27Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 4 en memo, tweede kwartaal
2024-05-27Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
2024-05-22Is jy in graad 4 en sal jy veel eerder na ’n film of ’n YouTube-video kyk as om vir jou eksamen voor te berei? Hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen bevat lekker stories oor prinse en prinsesse – en dit kan jou sommer laat vergeet jy is besig om hard te werk. Boonop sal jy werklik goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal behaal; nie nodig om slegs lugkastele daaroor te bou nie!
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2024-05-21As jy in graad 12 is en Wiskundige Geletterdheid as vak gekies het, sal jy met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld vir jou eksamen kan voorberei. Oefen woordsomme soos hierdie een: "Hanlo bly in Suid-Afrika terwyl sy ouers na Nieu-Seeland verhuis het. Sy suster bly in Amerika en sy broer in Europa. Hy wil graag ’n familiereünie in Thailand reël om al sy gesinslede weer te sien." Help vir Hanlo! En verbeter sommer jou eie Wiskundepunte!
Graad 7: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone, funksies en verwantskappe
2024-05-20As jy in graad 7 is, is julle waarskynlik nou in Wiskunde besig om patrone, funksies en verwantskappe te behandel. LitNet het hulp om jou werk oor hierdie wiskundige rye onder die knie te kry. Klik hier om die oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis af te laai. Jou kennis oor vloeidiagramme sal vinniger as hierdie ry mense op die prentjie vloei!
Graad 12: Wiskundevraestel 4 en memo, tweede kwartaal
2024-05-15Is jy vanjaar in matriek en maak jy sommetjies oor hoeveel weke daar nog voorlê voordat die eindeksamen afskop? Laai eerder hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en span jou wiskundige berekeninge in om vir jou eksamen voor te berei. Die persentasie van jou Wiskundepunt sal styg en jou spanningsvlakke sal daal!
Graad 7: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, tweede kwartaal
2024-05-15As jy in graad 7 is, weet jy teen hierdie tyd dat daar verskillende maniere is om mengsels van mekaar te skei. Die skeidingsproses op hierdie prent bied ’n leidraad ten opsigte van een van die metodes. As jy hierdie oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gratis in PDF-formaat aflaai, sal jy nog meer voorbeelde kan hersien. Jy kan solank die ketel vir ’n lekker koppie koffie vir jou ouers aanskakel. Hulle sal bly wees dat jou punte met behulp van hierdie oefenvraestel ook boonop hierdie kwartaal sal kook.
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2024-05-09Is jy in graad 12 en eerder lus vir ’n kolwyntjie as om vir hierdie belangrike eksamen voor te berei? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy entrepreneurswenke ten opsigte van kolwyntjies kry en sommer ook prettig vir jou eksamen kan voorberei. As jy nie presies weet wat ’n kolwyntjie is nie, laai sommer ook ’n Afrikaans-vraestel van LitNet af.
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
2024-04-30Is jy in graad 5 en bekommer jy jou oor jou Afrikaans Huistaal-punte hierdie kwartaal? LitNet kan help. Laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei. Jou punte sal hoog vlieg en in een van die vraestelle is daar boonop wenke om jou eie vlieër te maak.
Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was van ’n "series" wat jy stroom? In hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!
Graad 7: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 7 en wonder jy hoekom die haas so bekommerd na die wortels kyk? Hy het nog nie Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel afgelaai nie en die vierkantswortels veroorsaak dus nog vir hom hoofbrekens. Moenie die haas wees nie! Laai die oefenvraestel af en kry die tweede kwartaal se Wiskunde onder die knie.
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 6 en sien jy hoe rustig die waterval se waterstrome hier kabbel en vloei? As jy Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel en memo hier aflaai, sal jy vloeidiagramme kan oefen – en dit sal jou sommer baie meer rustig en ontspanne oor jou Wiskunde-eksamen laat voel!
Graad 5: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-11Is jy in graad 5 en voel jy so onseker oor jou Wiskundedeelsomme soos wat hierdie twee selfoongesiggies lyk? LitNet kan help! Klik hier om Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum af te laai om jou met jou voorbereiding te help. (Die vraestel sal jou kan help met vermenigvuldig- én deelsomme, soos die twee prentjies ook verklap.)
Graad 4: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-10Is jy in graad 4 en voel dit of die Wiskunde jou sommer vanjaar dubbel laat sien? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit kan jou help met die tweede kwartaal se verdubbelingsomme – en kan help om jou Wiskundepunte weer perdfris en gesond te maak. Klik hier om dit kosteloos in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundevraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2024-04-03Is jy in graad 12 en wil jy nou al vir die eindeksamen begin voorberei? Laai hierdie splinternuwe, gratis Wiskunde-vraestel deur Lee-Ann Langeveldt af. Daar is ook nog meer Wiskunde-vraestelle op LitNet wat jou kan help. Hoe meer jy opeenvolgend oefen, hoe beter sal jou begrip van algebraïese reekse word. Miskien sal jy gaandeweg ook meer en meer Fibonacci-sekwensies in die natuur gewaar.

