Graad 9: Wiskundevraestel en memorandum, kwartaal 1
2024-03-04Is jy in graad 9 en sit jy al heeldag en dink aan die renjaers wat hierdie naweek resies gejaag het? Dan het LitNet goeie nuus. Hier is n voorbeeldsom in hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann Langeveldt wat op motorwedrenne van toepassing is. Jou rapportpunte sal eerste plek behaal hierdie kwartaal!
Graad 10: Wiskunde-toets en memo, eerste kwartaal
2024-02-29Voel jy ongedefinieerd, rasionaal of gelyk aan nul? Nee wat, dis net ’n Wiskunde-vraestel waaruit jy voorlees. Klik hier om die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af te laai en leer hoe om al daardie somme se antwoorde uit te werk. Jy sal tien uit tien vir hierdie kwartaal se Wiskunde kry, graad 10-leerder!
Graad 7: Wiskunde-werkopdrag 2 en memo, kwartaal 1
2024-02-19Is jy in graad 7 en besorg breuke jou hoofbrekens? Hier is ’n gratis werkopdrag en memo deur Wilhelm du Toit waaraan jy kan smul. Kort voor lank sal jy sien: die wêreld wemel van breuke – en Wiskunde raak so lekker soos om ’n snytjie uit die tert te sny en sommer elke som te verorber.
Graad 8: Wiskundevraestel en memorandum, kwartaal 1
2024-02-12As jy vanjaar in graad 8 is, is jy besig om hoër en hoër deur jou skoolloopbaan te vorder. In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt moet jy juis in die eerste vraag getalle in stygende orde rangskik. Klik hier om die vraestel af te laai. Laat jou ouers solank opkyk om te sien hoe jou wiskundepunte hierdie kwartaal so hoog soos ’n lugballon die lug in klim.
Graad 7: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, kwartaal 1
2024-02-06As jy in graad 7 is, weet jy teen hierdie tyd dat die getal 7 ’n priem- en ’n onewe getal is. As jy nog meer van al die res van die natuurlike (en telgetalle) wil leer, kan jy Wilhelm du Toit se vraestel en memorandum gratis hier aflaai en voorberei vir jou eerste kwartaal se toets.
Graad 6: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, kwartaal 1
2024-01-30Is jy in graad 6? Teen hierdie tyd weet jy al waar jou plek in die klas is, en as julle skool reeds kleuresport-atletiekbyeenkoms gehou het, weet jy op watter plek jou span op die pawiljoen gesit het. As jy hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Wilhelm du Toit aflaai, sal jy waarde en plekwaarde kan hersien. Jou punte sal sommer na ’n hoër posisie en ’n beter plek toe skuif!
Graad 5: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, eerste kwartaal
2024-01-22Vat vyf, graad 5-leerder! Jy’s op die regte plek om jou Wiskundepunte te verbeter. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af en kry jou Wiskunde sommer reg van die begin van die jaar af onder die knie.
Graad 4: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, eerste kwartaal
2024-01-22Wees ’n ster, graad 4-leerder! Begin sommer vandag om vanjaar se Wiskunde te bemeester deur die eerste konsepte te hersien. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af. Jou opvoeders sal sterre op jou skryfboeke plak as hulle al die korrekte antwoorde in jou toetse sien!
Graad 8: Afrikaans Huistaal, vraestelle 1, 2 en 3
2024-01-17Nuwe jaar, nuwe jy, nuwe skool! Sien jy dat hierdie vak se naam met ’n hoofletter geskryf moes gewees het? Dan is jy op en wakker en gereed vir graad 8. Klik hier, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en oefen vanaf jou eerste skooldag vir vanjaar se Afrikaans Huistaal.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 2-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-12-19Is jy binnekort in graad 10 en gaan jy Wiskundige Geletterdheid as vak neem? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Anne Langeveld is daar voorbeelde wat – as jy na die prent met die dobbelstene kyk! – jou met waarskynlikheidsomme kan help. Ons weet die waarskynlikheid dat jy nóú Wiskundesomme gaan doen is nul, maar onthou om volgende jaar, as jy vir die eksamen moet voorberei, hierso vir oefenvraestelle te kom soek.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 1-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-12-13Ons weet die skool het pas gesluit. Dis tyd om kolwyntjies te bak om fees te vier! Ons voeg vandag ’n nuwe vraestel en memorandum by sodat enige graad 10-leerder wat volgende jaar Wiskundige Geletterdheid neem, sal onthou om Lee-Ann Langeveldt se vraestel gratis hier op LitNet te kom aflaai. (En as enige ander leerder hierdie vakansie hul lyf entrepreneur wil hou, kan hierdie einste vraestel jou help om die wins uit te werk wat jy met ’n baksel sjokolade-en-beet-kolwyntjies kan maak.)
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-20Is jy in graad 6 en droom jy oor die vakansie? In die gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen wat jy hier kan aflaai, sal jy heelwat taaloefeninge met sport as onderwerp aantref. Draf flink deur hierdie vraestel vir dinamiese punte. Oor ’n rukkie is dit tyd vir sports by die see (in die woordeboek kan jy naslaan dat dit ’n aanvaarbare Afrikaanse woord is).
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-17Is jy in graad 10 en moet jy die Venn-diagram baasraak? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af, oefen jou somme en wen die res van die klas met uitstekende punte!
Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-17Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Eet wortels om met al die vierkantswortels te help. En laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en wys daardie Wiskundesomme waar Dawid die wortels begrawe het.
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-15Is jy in graad 9 en laat die algebraïese formules jou kop draai? Hierdie gratis oefenvraestel en memo wat deur Lee-Ann Langeveld vir LitNet opgestel is, mag dalk ’n towerformule bevat wat jou die werk beter sal help verstaan. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-09Is jy in graad 8 en kyk jy eerder na die Krieketwêreldbeker as om vir jou eindeksamen voor te berei? Met behulp van hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy albei doen: voorberei vir jou eksamen én op hoogte bly van wat by die krieket aan die gang is (of minstens ’n som uitwerk wat met krieket te doen het). Laai hierdie gratis vraestel af en slaan jou punte vir ’n ses hierdie kwartaal!
Graad 4: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-10-30Is jy in graad 4 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveldt om jou somme te oefen, onder andere met ’n woordsom van ’n graad 4-leerder wat inkopies moet gaan doen. Vier hierdie feesseisoen fees nie net omdat jy goeie winskopies by die plaaslike mark raakloop nie, maar ook weens jou goeie punte!
Graad 6: NW-voorbereidingstoets en memo, vierde kwartaal
2023-10-30Is jy in graad 6 en droom jy oor hoe die maan tydens jou vakansie op die see sal skyn? As jy met hierdie gratis NW-vraestel van JC van Tonder vir jou eksamen voorberei, sal jy sien dat dit nie regtig is wat met die maan gebeur nie. Leer hier wat regtig gebeur, gaan skryf die eksamen – en kort voor lank sien jy blink rapportpunte én daardie helder weerkaatsing op die water.
Graad 7: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-10-27Is jy in graad 7 en wonder jy oor die data wat jy kan gebruik om te bepaal watter rugbyspan hierdie naweek die Wêreldbeker kan wen? Hier is wenke vir wenners: Laai hierdie gratis vraestel van Lee-Ann Langeveldt af en oefen jou datahanteringsomme sodat jy teen Saterdagaand klaar is. Dan kyk jy die rugby met ’n rustige hart en met die wete dat jou goeie eksamenpunte jou ’n kampioen sal maak.
Graad 6: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-10-26Is jy in graad 6 en wonder jy of daar lewe op ander planete is? In hierdie oefenvraestel van Rita Engelbrecht gaan jy daardie vraag moet kan beantwoord. Die vraestel gaan jou kennis toets, en sommer vuurwerke met betrekking tot jou punte bewerkstellig. Begin nou al voorberei vir jou eksamen en wees hierdie kwartaal ’n ster!