Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die vierde stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-10-02

In hierdie Wiskundevideo verduidelik Lee-Ann Langeveld nog ’n Euklidiese Meetkunde-stelling. Nog sirkels wat nie graad 11’s se koppe hoef te laat draai nie; hulle sal meer hiervan verstaan as hulle na die video gekyk het. Daar is ook gratis vraestelle op LitNet wat skoolkinders kan aflaai en wat kan help om almal se punte hierdie kwartaal te verbeter!

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die derde stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-25

Dis nie net speurders wat bewysstukke moet opspoor om iets te kan oplos nie. As jy in graad 11 is, verduidelik Lee-Ann Langeveld vir jou hoe om 'n stelling te bewys. Dit is stelling drie van vanjaar se Euklidiese Meetkunde. Jy gaan moet bewys dat die som van hoekpunte A en C 180 grade is en dat die som van hoekpunte B en D 180 grade is. Kyk hierdie video om beter te verstaan!

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die tweede stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-23

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld vir graad 11’s hierdie stelling: Bewys dat die hoek wat by die middelpunt gevorm word vanaf punte A en B twee keer so groot sal wees soos die hoek wat vanaf die omtrek by dieselfde punte gevorm word.

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die eerste stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-18

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die eerste Euklidiese Meetkunde-stelling te bewys.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-17

Is jy in graad 9 en gryp jy na jou potlood om vergelykings te bepaal, grafieke op aparte assestelsels te teken, en berekeninge uit te werk en te vereenvoudig sonder die gebruik van ’n sakrekenaar? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jou help om die skerpste potlood in die skryfbehoefteshouer te wees. Laai dit gratis hier af en wees slaggereed vir die vierde kwartaal se werk!

Graad 11: Wiskundetoets en memorandum, kwartaal 4

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-27

Is jy in graad 11 en bekommer jy jou oor universiteitstoelating en jou uitslae? LitNet bied hulp! Hier is ’n gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld waarmee jy reeds vir volgende kwartaal se werk kan begin oefen. Nou moet jy net die vraestel aflaai en dit uitwerk; dan is goeie punte sommer kinderspeletjies.

Graad 10: Wiskundetoets en memorandum – waarskynlikheid en finansies, kwartaal 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-27

Is jy in graad 10 en droom jy van reise na verre lande? In hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy nie net somme oor waarskynlikheid onder die knie kan kry nie, maar jy gaan ook leer hoe een seun deur middel van saamgestelde rente vir sy sporttoer na Italië kon spaar. Laai hierdie toets en memo af om hierdie kwartaal met behulp van ’n interessante vraestel goeie punte te kan behaal. 

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: oplos van kwadratiese vergelykings

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-26

Is jy in graad 9? Dan weet jy nou al dat die grafiek van ’n kwadratiese vergelyking ’n parabool is. In hierdie Wiskunde-video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die oplos van kwadratiese vergelykings beter te verstaan.

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-20

As jy in graad 4 is, weet jy nou al dat jaloesie ’n vriendskap kan vernietig. In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen sal jy ook ’n storie kan lees wat hiermee te doen het. Mens wonder nou of jaloesie ook die twee troeteldiere op hierdie foto se vriendskap laat sneuwel het ...?

Graad 7: Natuurwetenskappevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-20

As jy in graad 7 is en sommer net voor die kaggel wil sit en niks doen nie, gaan hierdie gratis oefentoets deur Rita Engelbrecht jou help om energie bymekaar te skraap en vir jou toetsreeks voor te berei. Van energie gepraat: Dit is waaroor hierdie toets handel. As jy nie ’n kaggel by jou huis het nie, sal jou vuurwarm toetsuitslae die laaste winterkoue verdryf! 

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, faktoriseer ’n kwadratiese drieterm

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-19

As jy in graad 9 is en eerder ’n video wil kyk as om Wiskunde te doen, kan jy naderskuif. In hierdie video sal Lee-Ann Langeveld vir jou verduidelik hoe om ’n kwadratiese drieterm te faktoriseer. Jy kan nou ’n video kyk en met 'n skoon gewete vir jou ouers sê jy het Wiskunde gedoen.

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: faktorisering mbt verskil in vierkante

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-13

Faktorisering en verskille in vierkante – wat beteken dit? As jy in graad 9 is en nie weet hoe om dit uit te werk nie, sal Lee-Ann Langeveld se verduidelikingsvideo jou kan help.

Wiskunde met LitNet-video, graad 8: magte en wortels van breuke

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-13

Wortels kan jou dalk gesond hou en op daardie manier mag gee, maar as jy in graad agt is gaan hierdie video van Lee-Ann Langeveld jou help om met magte en wortels van breuke werk. Jy gaan sommer bemagtig voel as jy moet gaan toets skryf en alles beter verstaan!

Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-13

Is jy in graad agt en skryf jy binnekort Afrikaans Huistaal-toets? Hierdie gratis oefentoetse en memo’s deur Eugene van der Westhuizen kan jou met jou voorbereiding help!

Graad 7, Wiskunde: Meetkunde – reguitlyne, konstruksies, transformasies

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-07

Is jy in graad 7 en weet jy dat ’n reguitlyn bestaan uit ’n oneindige aantal punte in dieselfde rigting? Jy kan jou kennis van hierdie feit en al die ander Wiskundige beginsels waaroor jy hierdie kwartaal geassesseer sal word toets deur hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af te laai.

Graad 6, Wiskunde: Lengte, 2D-vorms en simmetrie, derde kwartaaltoets en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-07

Is jy in graad 6 en moet jy baie gou voorberei vir jou derde kwartaal se Wiskundetoets? Hierdie gratis oefentoets deur Wilhelm du Toit kan jou help! Klik hier om dit gratis in PDF-formaat af te laai.

Graad 5: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-02

Is jy in graad 5? Dan weet jy seker al daar is orals stukkies en blokkies van ’n geheel om ons. Jy kan ’n gratis oefenvraestel en memorandum oor breuke deur Wilhelm du Toit hier aflaai om jou breuke vir Wiskunde hierdie kwartaal te oefen. Dan kry jy sommer volpunte en nie net ’n fraksie van die punte nie!

Graad 4: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-02

Is jy in graad 4 en skryf julle hierdie kwartaal toets oor breuke? As jy hierdie gratis oefentoets deur Wilhelm du Toit aflaai en daarvoor oefen, gaan jy nie verder jou kop oor hierdie afdeling van die werk hoef te breek nie.

Graad 9: Wiskunde – produkte en faktore, toets en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-29

As jy in graad 9 is, weet jy dat produkte nie net items is wat jy aanlyn kan bestel nie. Indien jy hierdie gratis oefenvraestel met voorbeeldsomme van Wiskundige produkte en faktore deur Lee-Ann Langeveld uitwerk, kan jy jou wiskundepunte verbeter. Kort voor lank sal jy keuring vir ’n studierigting kry en dan kan jy na hartelus op eie koste produkte bestel waarvoor jy self kan betaal!

Graad 11: Wiskunde, Euklidiese meetkunde-toets en memorandum, kwartaal 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-24

Is jy in graad 11 en wonder jy wie die Euklides was aan wie die term "Euklidiese meetkunde" sy ontstaan te danke het? Dan kan jy na skool dalk by die Departement Antieke Studie aanklop om uit te vind. Terwyl jy nog in graad 11 is, kan jy eers Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel gebruik om jou Euklidiese meetkunde-punte te verbeter.

Top