Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 8: Afrikaans Huistaal, vraestelle 1, 2 en 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-01-17

Nuwe jaar, nuwe jy, nuwe skool! Sien jy dat hierdie vak se naam met ’n hoofletter geskryf moes gewees het? Dan is jy op en wakker en gereed vir graad 8. Klik hier, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en oefen vanaf jou eerste skooldag vir vanjaar se Afrikaans Huistaal.

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 2-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-12-19

Is jy binnekort in graad 10 en gaan jy Wiskundige Geletterdheid as vak neem? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Anne Langeveld is daar voorbeelde wat – as jy na die prent met die dobbelstene kyk! – jou met waarskynlikheidsomme kan help. Ons weet die waarskynlikheid dat jy nóú Wiskundesomme gaan doen is nul, maar onthou om volgende jaar, as jy vir die eksamen moet voorberei, hierso vir oefenvraestelle te kom soek.

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 1-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-12-13

Ons weet die skool het pas gesluit. Dis tyd om kolwyntjies te bak om fees te vier! Ons voeg vandag ’n nuwe vraestel en memorandum by sodat enige graad 10-leerder wat volgende jaar Wiskundige Geletterdheid neem, sal onthou om Lee-Ann Langeveldt se vraestel gratis hier op LitNet te kom aflaai. (En as enige ander leerder hierdie vakansie hul lyf entrepreneur wil hou, kan hierdie einste vraestel jou help om die wins uit te werk wat jy met ’n baksel sjokolade-en-beet-kolwyntjies kan maak.)

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-20

Is jy in graad 6 en droom jy oor die vakansie? In die gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen wat jy hier kan aflaai, sal jy heelwat taaloefeninge met sport as onderwerp aantref. Draf flink deur hierdie vraestel vir dinamiese punte. Oor ’n rukkie is dit tyd vir sports by die see (in die woordeboek kan jy naslaan dat dit ’n aanvaarbare Afrikaanse woord is).

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-17

Is jy in graad 10 en moet jy die Venn-diagram baasraak? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af, oefen jou somme en wen die res van die klas met uitstekende punte!

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-17

Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Eet wortels om met al die vierkantswortels te help. En laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en wys daardie Wiskundesomme waar Dawid die wortels begrawe het.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-15

Is jy in graad 9 en laat die algebraïese formules jou kop draai? Hierdie gratis oefenvraestel en memo wat deur Lee-Ann Langeveld vir LitNet opgestel is, mag dalk ’n towerformule bevat wat jou die werk beter sal help verstaan. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-09

Is jy in graad 8 en kyk jy eerder na die Krieketwêreldbeker as om vir jou eindeksamen voor te berei? Met behulp van hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy albei doen: voorberei vir jou eksamen én op hoogte bly van wat by die krieket aan die gang is (of minstens ’n som uitwerk wat met krieket te doen het). Laai hierdie gratis vraestel af en slaan jou punte vir ’n ses hierdie kwartaal!

Graad 4: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-30

Is jy in graad 4 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveldt om jou somme te oefen, onder andere met ’n woordsom van ’n graad 4-leerder wat inkopies moet gaan doen. Vier hierdie feesseisoen fees nie net omdat jy goeie winskopies by die plaaslike mark raakloop nie, maar ook weens jou goeie punte!

Graad 6: NW-voorbereidingstoets en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-30

Is jy in graad 6 en droom jy oor hoe die maan tydens jou vakansie op die see sal skyn? As jy met hierdie gratis NW-vraestel van JC van Tonder vir jou eksamen voorberei, sal jy sien dat dit nie regtig is wat met die maan gebeur nie. Leer hier wat regtig gebeur, gaan skryf die eksamen – en kort voor lank sien jy blink rapportpunte én daardie helder weerkaatsing op die water.

Graad 7: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-27

Is jy in graad 7 en wonder jy oor die data wat jy kan gebruik om te bepaal watter rugbyspan hierdie naweek die Wêreldbeker kan wen? Hier is wenke vir wenners: Laai hierdie gratis vraestel van Lee-Ann Langeveldt af en oefen jou datahanteringsomme sodat jy teen Saterdagaand klaar is. Dan kyk jy die rugby met ’n rustige hart en met die wete dat jou goeie eksamenpunte jou ’n kampioen sal maak.

Graad 6: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-26

Is jy in graad 6 en wonder jy of daar lewe op ander planete is? In hierdie oefenvraestel van Rita Engelbrecht gaan jy daardie vraag moet kan beantwoord. Die vraestel gaan jou kennis toets, en sommer vuurwerke met betrekking tot jou punte bewerkstellig. Begin nou al voorberei vir jou eksamen en wees hierdie kwartaal ’n ster!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 6 en dink jy nou al aan die vakansie wanneer jy net kan ontspan? Dink hoe slim sal jy hierdie vakansie klink as jy raai wat die waarskynlikheid is dat van een van jou maats die skoppensboer of koningin van harte sal optel! As hierdie nou veels te moeilik klink, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt af en berei sommer terselfdertyd voor vir jou eksamen hierdie kwartaal. Daar bestaan ’n groot waarskynlikheid dat jy sommer ’n goeie punt op jou rapport sal behaal.

Graad 5: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 5 en is jy nou al baie lus vir die Desembervakansie? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt ’n vraag aantref wat jou oor swem gaan laat nadink. Nog beter nuus is dat jy goeie punte vir jou Wiskunde-eksamen gaan kry as jy hierdie vraestel gebruik om voor te berei. (Die beste nuus is dis regtig ’n kort kwartaal en dis amper vakansie.)

Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-28

Is jy in graad 2 en moet jy in Wiskunde uitwerk hoeveel kinders daar in jou klas is as ’n prentjie van een dogtertjie al die tyd vyf dogtertjies voorstel en ’n prentjie van een seun dalk sewe seuns? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry ’n maklike manier om vir oulaas vir die toetsreeks voor te berei. As jy wonder hoekom hierdie twee kinders so mistroostig lyk, is die antwoord: Hulle weet nie dis amper vakansie nie!

Graad 1: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 9 en voel jy soms ongelukkig oor hoe mense by die skool optree? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en berei voor vir jou Afrikaans Huistaal-toets hierdie kwartaal. Jy sal boonop in een van die leesstukke verstommende wenke raaklees oor hoe om boeliegedrag te hanteer.

Graad 3: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-18

Is jy in graad 3 en maak hierdie toebroodjies jou honger? Jy gaan jou honger na goeie punte kan stil deur hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West af te laai om vir jou toets voor te berei. Agterna kan jy smul aan ’n toebroodjie van jou keuse. Die vraestel gaan jou boonop help om te bereken wat vyf van hulle jou altesaam gaan kos.

Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-11

Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer van vulkaniese eilande ook. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-08

As jy ’n volwassene is, weet jy dalk van die poësie in die sneeuvlokkie waaroor TT Cloete gedig het. As jy in graad 6 is, kan jy dalk nou al jou oë begin oophou vir die Wiskundevorms rondom jou. Dis ook ’n goeie plan om Lee-Ann West se gratis oefenvraestel hier af te laai en vir jou Wiskundetoets hierdie kwartaal te oefen.

Top