Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 6 en dink jy nou al aan die vakansie wanneer jy net kan ontspan? Dink hoe slim sal jy hierdie vakansie klink as jy raai wat die waarskynlikheid is dat van een van jou maats die skoppensboer of koningin van harte sal optel! As hierdie nou veels te moeilik klink, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt af en berei sommer terselfdertyd voor vir jou eksamen hierdie kwartaal. Daar bestaan ’n groot waarskynlikheid dat jy sommer ’n goeie punt op jou rapport sal behaal.

Graad 5: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 5 en is jy nou al baie lus vir die Desembervakansie? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt ’n vraag aantref wat jou oor swem gaan laat nadink. Nog beter nuus is dat jy goeie punte vir jou Wiskunde-eksamen gaan kry as jy hierdie vraestel gebruik om voor te berei. (Die beste nuus is dis regtig ’n kort kwartaal en dis amper vakansie.)

Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-28

Is jy in graad 2 en moet jy in Wiskunde uitwerk hoeveel kinders daar in jou klas is as ’n prentjie van een dogtertjie al die tyd vyf dogtertjies voorstel en ’n prentjie van een seun dalk sewe seuns? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry ’n maklike manier om vir oulaas vir die toetsreeks voor te berei. As jy wonder hoekom hierdie twee kinders so mistroostig lyk, is die antwoord: Hulle weet nie dis amper vakansie nie!

Graad 1: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 9 en voel jy soms ongelukkig oor hoe mense by die skool optree? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en berei voor vir jou Afrikaans Huistaal-toets hierdie kwartaal. Jy sal boonop in een van die leesstukke verstommende wenke raaklees oor hoe om boeliegedrag te hanteer.

Graad 3: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-18

Is jy in graad 3 en maak hierdie toebroodjies jou honger? Jy gaan jou honger na goeie punte kan stil deur hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West af te laai om vir jou toets voor te berei. Agterna kan jy smul aan ’n toebroodjie van jou keuse. Die vraestel gaan jou boonop help om te bereken wat vyf van hulle jou altesaam gaan kos.

Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-11

Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer van vulkaniese eilande ook. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-08

As jy ’n volwassene is, weet jy dalk van die poësie in die sneeuvlokkie waaroor TT Cloete gedig het. As jy in graad 6 is, kan jy dalk nou al jou oë begin oophou vir die Wiskundevorms rondom jou. Dis ook ’n goeie plan om Lee-Ann West se gratis oefenvraestel hier af te laai en vir jou Wiskundetoets hierdie kwartaal te oefen.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-31

Is jy in graad 9 en moeg daarvoor om slegte rapportpunte te kry? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans af, en kry uiteindelik jou leeueaandeel van goeie punte vanjaar. (As jy nie die idioom verstaan nie, kan die vraestel jou ook help. Daar is boonop lekker ander stories van natuurreservate om te lees.)

Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-28

Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-22

"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-08

Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.

Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-04

Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-07-24

Dit voel nog soos winter, maar dis ’n nuwe kwartaal met nuwe geleenthede. Hoewel daar ’n weervoorspelling in hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen is, gaan dit leerders in graad 4 nie help om te weet wat vandag se temperature is nie. Dit gaan wel help met voorbereiding vir Afrikaans Huistaal hierdie kwartaal – en die punte op die rapport soos mooiweer en warm laat lyk. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Graad 11: Wiskundevraestel en memo (2), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-06-12

Is jy in graad 11 en voel jou skoolloopbaan nou al soos ’n marathon? Hierdie gratis Wiskunde-vraestel deur Lee-Ann West sal jou help om hierdie kwartaal 'n goue medalje van 'n punt te behaal. (En as jy gister heeldag liewers na die uitsending van die Comrades-marathon op die TV gekyk het, is dit nog steeds nie te laat nie. Daar is baie ander oefenvraestelle op LitNet wat jou met jou voorbereiding vir die res van die jaar kan help.)

Graad 11: Wiskundevraestel en -memo (1), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-06-09

Is jy in graad 11 en droom jy van die snoesige wintervakansie wat een van die dae aanbreek? As jy hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West aflaai en vir jou Wiskunde-eksamen voorberei, het jy goeie punte waarna jy ook kan uitsien.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-06-06

As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al wat die sinonieme vir "spanning" en "stres" in die eksamentyd is: "Ma" en "Pa". Laat Zelda Mans se gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel daardie angstigheid laat bedaar, jou help om goeie punte te behaal én weer goeie gesinsverhoudinge te beleef (onthou ook dat "Ma", "Pa", "spanning" en "stres" totaal verskillende soorte selfstandige naamwoorde is, en nie sinonieme nie).

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-05-23

As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al mense praat Afrikaans van die Bo-Kaap in Suid-Afrika tot by Argentinië in Suid-Amerika. Noudat LitNet jou algemene kennis uitgebrei het, moet jy begin om jou voorbereiding vir die eksamen uit te brei. Laai vier Afrikaans Huistaal-vraestelle van Eugene van der Westhuizen gratis hier af.

Graad 10: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-05-23

Is jy in graad 10 en een van daardie gelukkige mense wat nog nooit vantevore juis vir jou Wiskunde-eksamens hoef voor te berei het nie? Skielik is dinge moeiliker en sien jy dubbel van al die werk! Lee-Ann West se gratis Wiskundevraestelle kan jou help. (En toemaar, dis regtig twee prentjies van passers wat jy sien. Haal diep asem en klik op die skakels in die artikel om die vraestel af te laai wat jou sal help om jou werk onder die knie te kry.)

Graad 5: NWT-oefentoets, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-05-15

Is jy in graad 5 en hou jy van die prentjies wat jy hier sien? Wanneer jy hierdie gratis oefentoets van Rita Engelbrecht aflaai, kan jy by sommige van die vrae ook lekker prentjies sien – en die goeie nuus is dat dit jou sal help om voor te berei vir jou NWT-eksamen van die tweede kwartaal. (Hoewel die prentjies wat jy hier sien, nie in die vraestel voorkom nie, kan jy wel lekker met jou hondjie gaan speel, ’n blokkie sjokolade en ’n slukkie koeldrank geniet as jy klaar voorberei het.)

Top