Graad 8: Wiskundevraestel (1) en memo, vierde kwartaal
2022-10-25Is jy in graad 8 en droom jy nou al van die Desembervakansie? Een van hierdie woordsomme gaan jou beslis na swembadwater laat uitsien, en hierdie gratis vraestel en memo deur Lee-Ann West gaan boonop die lafenis bied om jou te help met jou eksamenvoorbereiding.
Graad 8: Wiskundevraestel (2) en memo, vierde kwartaal
2022-10-25Is jy in graad 8 en wonder jy wat Pythagoras eendag prakties vir jou kan beteken? Dink aan beroepe soos wetenskaplike, argitek, ruimtevaarder en ingenieur! Gebruik dus Lee-Ann West se vraestel en memorandum om hierdie eksamen te slaag – én toekomstige geleenthede te ontsluit.
Graad 8: Afrikaans EAT-begripstoets en memo
2022-10-20As jy in graad 8 is, verlang jy miskien partykeer na ’n sorgelose tyd toe jy met Lego-blokkies lugkastele kon bou. Met Dewald Koen se Afrikaans Eerste Addisionele Taal-begripstoets is voorbereiding vir jou eksamen sommer kinderspeletjies (en een van die leesstukke handel juis oor Lego). Die begripstoets is gratis hier beskikbaar.
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2022-10-20Is jy in graad 9 en wonder jy hoe jy die munte in jou spaarvarkie vir die feesseisoen kan laat vermeerder? Die geldsomme in hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gaan jou dalk nie daarmee kan help nie, maar dit sal jou in staat stel om deeglik voor te berei vir jou vierde-kwartaal-eksamen. Daarna kan jy met ’n geruste hart gaan vakansie hou.
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – tweede vraestel en memo
2022-10-13As jy in graad 11 is, weet jy dat Wiskunde meer as net kinderspeletjies is. Stuur jou ouers om die magnetiese getalle op die yskas te gaan rangskik, graad 11-leerder, want LitNet bied hulp vir jou. Gebruik Lee-Ann West se oefenvraestel en memo om jou aan die begin van die kwartaal met jou Wiskundige geletterdheidshersiening help.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheidsvraestel en -memo, hersiening
2022-10-04Is jy in graad 10 en spandeer jy gedurende die skoolvakansie eerder tyd in die kombuis as voor jou boeke? Hierdie Wiskundige Geletterdheidsvraestel deur Lee-Ann West kan jou wys hoe om Wiskunde in alledaagse omstandighede te gebruik – soos wanneer jy besig is om resepte uit te werk om kos vir jou maats te maak. (Wanneer die skool weer begin, gaan dit jou ook help. Dan het jy reeds ’n voorsprong met jou voorbereiding vir die laaste kwartaal!)
Nuwe Alles-In-Een Graad 1, 2 en 3: Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboekoefeninge
2022-09-27Is jou kind in graad 1, 2 of 3 en neem hulle Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die skool? Best Books, ’n druknaam van NB-Uitgewers, deel hierdie week gratis oefeninge uit hul werkboeke om vir LitNet-lesers ’n voorsmaak te gee van wat hulle in hierdie boeke kan aantref.
Graad 10: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-09-27Dis amper tyd vir die lente-vakansie! As jy in graad 10 is, moenie toelaat dat Wiskunde vir jou hooikoors gee nie. Laai Lee-Ann West se vraestel en memo gratis hier af en laat dit jou van jou kwale genees.
Graad 4: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-09-27Lente is in die lug! Voordat jy begin dink skool is vir die voëls, hersien vir oulaas jou Wiskunde met Lee-Ann West se vraestel en memo. Dis spesiaal opgestel vir leerders in Graad 4.
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-19Is jy in graad 8 en kan jy nie meer wag vir die blaaskans voor die vierde kwartaal nie? Hierdie Afrikaans Huistaal-vraestel deur Eugene van der Westhuizen kan jou deur die laaste voorbereiding van die derde kwartaal se toetsreeks laat skaats.
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-15As jy na die getal kyk, voel dit jy sien al dubbel van al die spanning gedurende jou toetsreeks? Jy hoef nie jou oë te laat toets nie, graad elf-leerder, want LitNet bied hulp. Lee-Ann West se oefenvraestel en memo kan jou met jou toetsreeks se Wiskundige geletterdheidsvoorbereiding help.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)
Graad 9: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 9 en het jy geweet dat ’n TV in die ou dae hierdie beeld as ’n toets vertoon het as die uitsending nie wou slaag nie? Moenie ’n outydse TV wees nie! Gebruik Dewald Koen se toets en slaag Afrikaans Eerste Addisionele Taal sonder onderbrekings!
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-taaltoets en memo
2022-09-01’n Vraag oor ’n sin se struktuur
Maak die graad 8-klas so suur.
Die onnie geniet dit terdeë
Dat LitNet gratis hulp gee
Om hul punte die hoogtes in te stuur!
Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat
2022-09-01Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.
Graad 7: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-19Daar was eens ’n graad sewe
wie se broek nie kon ophou bewe.
Sê LitNet: “Hierdie Afrikaans-vraestel kan jou red!
Laai af en werk uit; dis boonop groot pret!
Jy kan na volpunte strewe."
Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)
2022-08-18Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, kwadratiese vergelykings
2022-08-16Is jy in graad 9 en laat kwadratiese vergelykings jou kop tot die mag 9 draai? In hierdie Wiskunde met LitNet-video verduidelik Lee-Ann West in ’n raps meer as 9 minute die hele affêre sodat dit sin maak.
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-11Staan nader, al julle snare, en kyk bietjie hoeveel snare het ’n kitaar! Van sesse gepraat: is jy in graad 6 en luister jy eerder popmusiek as om Wiskunde te doen? Met Lee-Ann West se gratis oefenvraestel en -memo kan jou toetspunte hierdie kwartaal soos musiek in jou ore klink.
Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-10As jy in graad 5 is, weet jy mens kry vyf soorte voedselgroepe: lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed en lekkergoed. Toemaar, ons by LitNet wens ook dit was waar (maar daar is ’n som oor pannekoeke hier versteek). Ons kan jou dag tog so effens versoet deur hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West met jou te deel. Klik hier om dit gratis af te laai en begin sommer vandag al daaraan smul.

