Graad 8: Wiskundevraestel en memo, eerste kwartaal
2023-02-02Is jy in graad 8 en voel jy eerder lus om jou hele kamer oor te verf as om aandag aan jou skoolwerk te gee? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West sal kan leer uitwerk hoeveel verf jy vir hierdie aktiwiteit benodig. En dan ken jy boonop jou eerste kwartaal se Wiskunde ook nog! Laai die vraestelle hier af.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo
2023-01-30Graad 4 se baie werk hoef nie jou vreugde te demp nie. Hierdie Afrikaans-vraestel en memo sal jou breed laat glimlag wanneer jy goed vir jou toets voorberei het. Jou ouers sal ook straal as hulle jou punte sien. Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel gratis hier af.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal
2023-01-25Is jy in graad 4 en is alles vanjaar splinternuut: jou klasmaats, jou onderwysers, toetse en eksamens? Eugene van der Westhuizen se gratis Afrikaans Huistaal-vraestel kan help om onsekerheid te verdryf. Begin sommer nou al vir jou eerste toetse en eksamens in die laerskool voorberei. Klik hier om die vraestel en memo af te laai.
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-01-17Nuwe jaar, nuwe graad, nuwe begin! As jy vanjaar in graad 10 is, het jy geweet die getal tien simboliseer die begin van ’n nuwe siklus? Kyk na hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann West om te sien wat hierdie jaar se werk inhou. Daar is baie ander vraestelle op LitNet waarmee jy deurlopend kan voorberei en waarmee jy kan oefen om jou werk beter te verstaan.
Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2022-12-09Is jy in graad 11 en hoegenaamd nie meer lus vir eksamen nie? Kom ons vereenvoudig dit deur te noem dat jy volgende jaar jou matriekeksamen skryf. Begin nou al daarvoor voor te berei deur die somme in hierdie vraestel deur Lee-Ann West te vereenvoudig en berei voor vir jou allerlaaste eksamen vir die jaar.
Graad 10: Fisiese Wetenskappe-vraestel en -memo (Fisika), vierde kwartaal
2022-11-29Is jy in graad 10 en nie meer lus vir die eksamen nie? Die goeie nuus is dat Luize Kroukamp se oefenvraestel op dieselfde golflengte as jy is. Dis asof die vraestel begryp dat jy hierdie kwartaal ’n brander van goeie punte benodig om jou voete onder jou uit te slaan. Jy kan dit gratis aflaai en vir jou eksamen voorberei (leer sommer om golflengtes uit te werk ook).
Graad 10: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal
2022-11-23Is jy in graad 10 en is jou lieflinghond op jou radar en nie juis jou eksamenwerk nie? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West kan jy blitsig die radar-oefening gebruik om die vertikale hoogte van die vliegtuig bo grondvlak uit te werk. Dan kan jy met ’n geruste hart met jou hond gaan stap. Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af laai.
Graad 11: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal
2022-11-23Is jy in graad 11 en verkies jy eerder die geselskap van jou kat as dié van nog eksamenwerk? Die goeie nuus is dat hierdie vraestel deur Lee-Ann West onder andere ’n mond-en-snor-diagram bevat wat jou aan jou gunsteling-troeteldier kan herinner. Die ander goeie nuus is dat die vraestel jou in ’n japtrap vir jou eksamen voorberei en dan kan jy vinnig verdere aandag aan jou geliefde kat gee. Laai die vraestel gratis hier af.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, vierde kwartaal
2022-11-23HGD? In gr 6 & mug v wrk? Klik hier om die vraestel wat Eugene van der Westhuizen vir LitNet opgestel het, gratis af te laai; dit maak voorbereiding makliker. (Daar is ook ’n afdeling in die vraestel wat oor SMS-taal handel, so dis hkm jy smr hierna eksamen oor Afrikaans én oor SMS-Afrikaans sal kan skryf.)
Graad 11: Wiskundevraestel en memo (vierde kwartaal, vraestel 1)
2022-11-18Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Daar’s nie verniet 11 spelers in ’n hokkiespan nie. Saam met Lee-Ann West se vraestelle is Wiskunde spanwerk en kan jy maklik in hierdie eksamen ’n wendoel slaan.
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2022-11-09Is jy in graad 10 en droom jy daarvan om eendag sakkevol geld te maak? LitNet se raad is om eerste hierdie eksamen deur te kom. Hierdie vraestel deur Lee-Ann West sal jou met die voorbereiding van die vierde kwartaal se Wiskunde help (en sommige van die vrae handel boonop oor sinvolle beleggings vir die toekoms).
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal
2022-10-25Spinnekoppe kan blykbaar selfs in die gewigloosheid van die ruimte ’n netjiese web spin. As jy hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai, kan jy hiervan lees en as jy in graad 9 is kan jy sommer ook vir jou eksamen voorberei. Twee vlieë met een klap ...
Graad 10: Wiskundevraestel (2) en memo, derde kwartaal-hersiening
2022-10-25Is jy in graad 10 en voel jy asof jy jou kapasiteit vir die jaar bereik het as jy aan jou derde-kwartaal-Wiskundepunt dink? As jy onseker is wat hiermee bedoel word, moet jy verkieslik nie na ’n Afrikaans-handboek kyk wat jou sal inlig dat dit ’n anglisistiese stelling is nie. Hersien wel jou Wiskunde deur Lee-Ann West se vraestel gratis af te laai en seker te maak jy het jou werk onder die knie.
Verrykingswiskunde: Die p-waarde en die verskil in smaak tussen melk eerste of tweede in jou tee
2022-10-25In hierdie Wiskundeverrykingsartikel skryf Pieta van Deventer oor waarskynlikheid en oor die vraag of dit moontlik is om die verskil in jou tee te proe tussen die gevalle waar die melk vooraf in die koppie geskink is teenoor wanneer die melk agterna by die tee gevoeg is.
Graad 8: Wiskundevraestel (1) en memo, vierde kwartaal
2022-10-25Is jy in graad 8 en droom jy nou al van die Desembervakansie? Een van hierdie woordsomme gaan jou beslis na swembadwater laat uitsien, en hierdie gratis vraestel en memo deur Lee-Ann West gaan boonop die lafenis bied om jou te help met jou eksamenvoorbereiding.
Graad 8: Wiskundevraestel (2) en memo, vierde kwartaal
2022-10-25Is jy in graad 8 en wonder jy wat Pythagoras eendag prakties vir jou kan beteken? Dink aan beroepe soos wetenskaplike, argitek, ruimtevaarder en ingenieur! Gebruik dus Lee-Ann West se vraestel en memorandum om hierdie eksamen te slaag – én toekomstige geleenthede te ontsluit.
Graad 8: Afrikaans EAT-begripstoets en memo
2022-10-20As jy in graad 8 is, verlang jy miskien partykeer na ’n sorgelose tyd toe jy met Lego-blokkies lugkastele kon bou. Met Dewald Koen se Afrikaans Eerste Addisionele Taal-begripstoets is voorbereiding vir jou eksamen sommer kinderspeletjies (en een van die leesstukke handel juis oor Lego). Die begripstoets is gratis hier beskikbaar.
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2022-10-20Is jy in graad 9 en wonder jy hoe jy die munte in jou spaarvarkie vir die feesseisoen kan laat vermeerder? Die geldsomme in hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gaan jou dalk nie daarmee kan help nie, maar dit sal jou in staat stel om deeglik voor te berei vir jou vierde-kwartaal-eksamen. Daarna kan jy met ’n geruste hart gaan vakansie hou.
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – tweede vraestel en memo
2022-10-13As jy in graad 11 is, weet jy dat Wiskunde meer as net kinderspeletjies is. Stuur jou ouers om die magnetiese getalle op die yskas te gaan rangskik, graad 11-leerder, want LitNet bied hulp vir jou. Gebruik Lee-Ann West se oefenvraestel en memo om jou aan die begin van die kwartaal met jou Wiskundige geletterdheidshersiening help.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheidsvraestel en -memo, hersiening
2022-10-04Is jy in graad 10 en spandeer jy gedurende die skoolvakansie eerder tyd in die kombuis as voor jou boeke? Hierdie Wiskundige Geletterdheidsvraestel deur Lee-Ann West kan jou wys hoe om Wiskunde in alledaagse omstandighede te gebruik – soos wanneer jy besig is om resepte uit te werk om kos vir jou maats te maak. (Wanneer die skool weer begin, gaan dit jou ook help. Dan het jy reeds ’n voorsprong met jou voorbereiding vir die laaste kwartaal!)

