Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-05-12

"I am sixteen going on seventeen ..." Nee, dis nie die lirieke van The sound of music wat hier beskikbaar is nie, maar wel ’n Wiskunde-vraestel, toegespits op (sestienjarige) graad 10-leerders wat deur Lee-Ann West opgestel en gratis hier beskikbaar is. Laai dit af en as jy hierdie kwartaal jou eksamenpunte ontvang, sal jy sommer jolig met die musiekblyspel saamsing.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-05-04

As jy in graad 8 is, weet jy wat ’n identiteitselement, ’n priemgetal en ’n algebraïese uitdrukking is. Maar het jy geweet dat warmbrakbroodrolletjies gewoonlik in groepe van agt verpak word? Berei gerus een voor terwyl jy hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West gebruik om ook vir jou eksamen voor te berei. (As jy nie weet wat 'n warmbrak is nie, kan jy LitNet se Afrikaans-vraestelle aanwend om jou taalkennis vir die eksamen op te skerp; hier onder volg ’n lys van nog vraestelle vir graad 8.)

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-24

Hulle sê ’n kat het nege lewens, maar sê nou maar daar is ses katte? As jy in graad 6 is, is ek seker jy sal hierdie som kan oplos. Hierdie vraag kom nie in hierdie gratis Wiskundevraestel voor nie, maar daar is baie ander prettige somme wat jy kan oefen as jy hierdie toets en memo deur Lee-Ann West aflaai. Begin sommer nou al voorberei vir jou eksamen aan die einde van die kwartaal en ’n slegte punt het nie ’n kat se kans op jou rapport nie!

Graad 4: Algemene wetenskappe (NWT), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-19

Is jy vanjaar in graad 4? Dan is jy nou al slim genoeg om iets te weet van water as vloeistof, vaste stof (ys) en gas (stoom). Jy is ook slim genoeg om hierdie kwartaal eksamen te skryf. In hierdie Natuurwetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht is daar voorbeelde van die soort vrae wat jy in die eksamen kan verwag. Die goeie nuus is dis gratis beskikbaar en die ander goeie nuus is dat jy goeie punte sal kan kry as jy jou werk hiermee hersien.

Verrykingswiskunde: Hoeveel planete is daar in die Melkweg met lewe soos op die aarde?

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-18

Dalk is jy nie meer in die skool nie. Miskien het jy nog nooit passievol oor Wiskunde gevoel nie, wat nog te sê Verrykingswiskunde. Maar wie weet: dit kan wees dat hierdie artikel deur Pieta van Deventer jou sal interesseer. Sê nou maar daar is nog lewe in hierdie einste Melkweg waar ons ons bevind?

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-18

Dis ’n nuwe seisoen. As jy in graad 7 is, is daar ook ’n nuwe seisoen wat binnekort vir jou wag: hoërskool. Laai hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gratis hier af om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Die herfsblare se kleure sal nog mooier lyk as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-13

Is jy in graad 6 en wil jy eerder sit en skets as om jou werk te leer? Dalk gee Eugene van der Westhuizen se Afrikaans Huistaal-vraestel jou idees vir kinderboeke wat jy kan illustreer. Anders kan jy dit doodgewoon gratis aflaai, die werk oefen en goeie punte behaal.

Hulp vir opvoeders: ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming"

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2023-04-13

’n Opvoeder vra vir ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming" as ongesiene gedig en Dewald Koen, opvoedkundige, interpreteer die gedig wat oor meer as net algemene wroemwoede handel.

Verrykingswiskunde: ewekansigheid

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-11

Is jy ’n leerder wat maklik vra: "Wat’s die kans?" Wanneer vind iets lukraak plaas? Dan moet jy hier lees. Pieta van Deventer skryf in hierdie artikel oor ewekansige getalle wat ’n groot rol in navorsing van watter aard ook al, speel.

Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-04-05

Is jy in graad 5 en hou jy nog lekker vakansie? Hierdie gratis vraestel en memo deur Lee-Ann West kan jou help om jou werk van verlede kwartaal te hersien of om vroeg volgende kwartaal met vyfsterwiskunde weg te spring.

Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-03-29

Is jy in graad 4 en hou jy baie van jou kat en jou hond? In hierdie lekker oefenvraestel deur Lee-Ann West kan jy met ’n staafgrafiek prettige inligting oor troeteldiere uitwerk. Boonop berei dit jou voor vir jou volgende toets. Twee vlieë met een klap!

Graad 1: Wiskundetoets en memo vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-03-28

Graad 1 kan sommer kinderspeletjies wees as jy hierdie gratis oefenvraestel en memo deur Lee-Ann West aflaai!

Graad 9: Wiskundetoets en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-03-23

Is jy ’n graad 9-leerder wat nou net aan die vakansie dink? Gebruik eers hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West en kry sommer twee keer soveel punte vir jou Wiskundetoets as gewoonlik! Dan is die vakansie dubbel so lekker.

Graad 2: Wiskundetoets en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-03-08

Dink jy die Wiskundesomme wat ’n mens in graad 2 doen is kinderspeletjies? Moet nooit vergeet watter belangrike boustene die grondslagfase vir toekomstige Wiskunde voorsien nie. Laai Lee-Ann West se gratis oefenvraestel af en bou stuk-stuk saam met jou kind verder aan ’n huis wat op ’n stewige fondament staan.

Graad 11: Lewenswetenskappe-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-03-06

Alles lyk groter as mens deur ’n mikroskoop daarna kyk – ook jou spanning oor toetse met betrekking tot mikro-organismes! As jy in graad 11 is, sal hierdie oefenvraestel deur Rita Engelbrecht kan help.

Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-28

Goeie nuus vir graad 10-leerders! Hier is ’n splinternuwe, gratis vraestel deur Rita Engelbrecht om jou met jou voorbereiding gedurende die eerste kwartaal te help. Laai dit gratis hier af.

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-24

Is jy in graad 11 en is jy al in Wiskunde gevra om getalsinne sonder die gebruik van ’n sakrekenaar te vereenvoudig? Lee-Ann West se vraestel gaan jou wys hoe eenvoudig dit is. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai. Dis so eenvoudig soos borrels blaas!

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-17

Is jy in graad 5 en sal jy eerder aan dolfyne, vrugteslaai en ’n vakansie in die wildtuin dink as aan die voorbereiding vir jou toets? Wees bly, want in hierdie voorbereidingstoets kan jy oor al hierdie onderwerpe lees. Agterna ken jy sommer ook jou Afrikaans Huistaal-werk op die punte van jou vingers. Hierdie vraestel van Eugene van der Westhuizen is, soos al LitNet se oefenvraestelle, gratis beskikbaar. Laai dit hier af.

Graad 7: Wiskunde-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-09

Is jy in graad 7 en is die getal 7 jou gelukkige getal? Die slim mense sê mos: Hoe meer jy oefen, hoe meer dikwels tref jy dit gelukkig. Oefen dus jou Wiskunde vir hierdie kwartaal met Wilhelm de Toit se gratis oefenvraestel en voel sommer baie gelukkig as jy jou uitslae kry!

Graad 10: Wiskunde-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-09

Is jy in graad 10 en skryf jy binnekort jou eerste Wiskundetoets vanjaar? Wiskunde hoef nie soos ’n pokerspel te wees waar jy sit en wonder met watter speelkaarte jou opponent sit nie. Hersien jou Wiskunde met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West en troef enige moeilike vrae wat tydens hierdie toetsreeks op jou skoolbank beland.

Top