Graad 10: Wiskundetoets en memorandum – waarskynlikheid en finansies, kwartaal 3
2024-08-27Is jy in graad 10 en droom jy van reise na verre lande? In hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy nie net somme oor waarskynlikheid onder die knie kan kry nie, maar jy gaan ook leer hoe een seun deur middel van saamgestelde rente vir sy sporttoer na Italië kon spaar. Laai hierdie toets en memo af om hierdie kwartaal met behulp van ’n interessante vraestel goeie punte te kan behaal.
Wiskunde met LitNet-video, graad 9: oplos van kwadratiese vergelykings
2024-08-26Is jy in graad 9? Dan weet jy nou al dat die grafiek van ’n kwadratiese vergelyking ’n parabool is. In hierdie Wiskunde-video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die oplos van kwadratiese vergelykings beter te verstaan.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal
2024-08-20As jy in graad 4 is, weet jy nou al dat jaloesie ’n vriendskap kan vernietig. In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen sal jy ook ’n storie kan lees wat hiermee te doen het. Mens wonder nou of jaloesie ook die twee troeteldiere op hierdie foto se vriendskap laat sneuwel het ...?
Graad 7: Natuurwetenskappevraestel en memo, derde kwartaal
2024-08-20As jy in graad 7 is en sommer net voor die kaggel wil sit en niks doen nie, gaan hierdie gratis oefentoets deur Rita Engelbrecht jou help om energie bymekaar te skraap en vir jou toetsreeks voor te berei. Van energie gepraat: Dit is waaroor hierdie toets handel. As jy nie ’n kaggel by jou huis het nie, sal jou vuurwarm toetsuitslae die laaste winterkoue verdryf!
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, faktoriseer ’n kwadratiese drieterm
2024-08-19As jy in graad 9 is en eerder ’n video wil kyk as om Wiskunde te doen, kan jy naderskuif. In hierdie video sal Lee-Ann Langeveld vir jou verduidelik hoe om ’n kwadratiese drieterm te faktoriseer. Jy kan nou ’n video kyk en met 'n skoon gewete vir jou ouers sê jy het Wiskunde gedoen.
Wiskunde met LitNet-video, graad 9: faktorisering mbt verskil in vierkante
2024-08-13Faktorisering en verskille in vierkante – wat beteken dit? As jy in graad 9 is en nie weet hoe om dit uit te werk nie, sal Lee-Ann Langeveld se verduidelikingsvideo jou kan help.
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: magte en wortels van breuke
2024-08-13Wortels kan jou dalk gesond hou en op daardie manier mag gee, maar as jy in graad agt is gaan hierdie video van Lee-Ann Langeveld jou help om met magte en wortels van breuke werk. Jy gaan sommer bemagtig voel as jy moet gaan toets skryf en alles beter verstaan!
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal
2024-08-13Is jy in graad agt en skryf jy binnekort Afrikaans Huistaal-toets? Hierdie gratis oefentoetse en memo’s deur Eugene van der Westhuizen kan jou met jou voorbereiding help!
Graad 7, Wiskunde: Meetkunde – reguitlyne, konstruksies, transformasies
2024-08-07Is jy in graad 7 en weet jy dat ’n reguitlyn bestaan uit ’n oneindige aantal punte in dieselfde rigting? Jy kan jou kennis van hierdie feit en al die ander Wiskundige beginsels waaroor jy hierdie kwartaal geassesseer sal word toets deur hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af te laai.
Graad 6, Wiskunde: Lengte, 2D-vorms en simmetrie, derde kwartaaltoets en memo
2024-08-07Is jy in graad 6 en moet jy baie gou voorberei vir jou derde kwartaal se Wiskundetoets? Hierdie gratis oefentoets deur Wilhelm du Toit kan jou help! Klik hier om dit gratis in PDF-formaat af te laai.
Graad 5: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal
2024-08-02Is jy in graad 5? Dan weet jy seker al daar is orals stukkies en blokkies van ’n geheel om ons. Jy kan ’n gratis oefenvraestel en memorandum oor breuke deur Wilhelm du Toit hier aflaai om jou breuke vir Wiskunde hierdie kwartaal te oefen. Dan kry jy sommer volpunte en nie net ’n fraksie van die punte nie!
Graad 4: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal
2024-08-02Is jy in graad 4 en skryf julle hierdie kwartaal toets oor breuke? As jy hierdie gratis oefentoets deur Wilhelm du Toit aflaai en daarvoor oefen, gaan jy nie verder jou kop oor hierdie afdeling van die werk hoef te breek nie.
Graad 9: Wiskunde – produkte en faktore, toets en memorandum
2024-07-29As jy in graad 9 is, weet jy dat produkte nie net items is wat jy aanlyn kan bestel nie. Indien jy hierdie gratis oefenvraestel met voorbeeldsomme van Wiskundige produkte en faktore deur Lee-Ann Langeveld uitwerk, kan jy jou wiskundepunte verbeter. Kort voor lank sal jy keuring vir ’n studierigting kry en dan kan jy na hartelus op eie koste produkte bestel waarvoor jy self kan betaal!
Graad 11: Wiskunde, Euklidiese meetkunde-toets en memorandum, kwartaal 3
2024-07-24Is jy in graad 11 en wonder jy wie die Euklides was aan wie die term "Euklidiese meetkunde" sy ontstaan te danke het? Dan kan jy na skool dalk by die Departement Antieke Studie aanklop om uit te vind. Terwyl jy nog in graad 11 is, kan jy eers Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel gebruik om jou Euklidiese meetkunde-punte te verbeter.
Wiskunde met LitNet-video, graad 9: Faktorisering mbt gemene faktore
2024-07-19Is jy in graad 9 en wil jy faktorising mbt gemene faktore beter verstaan? Hierdie YouTube-video deur Lee-Anne Langeveld gaan jou help verstaan dat gemene faktore nie noodwendig slegte maniere het nie. Gemene faktore kan baie gaaf wees as jy hulle verstaan – en jou uitslae kan ook gaaf wees. Daar is nog ander video's op LitNet se YouTube-kanaal wat jy kan kyk om jou Wiskundepunte hierdie kwartaal te verbeter.
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: Vermenigvuldiging en deling van breuke (2)
2024-07-19Is jy in graad 8 en klink resiprook vir jou soos ’n spook? Jy hoef nie afgeskrik te wees nie, want Lee-Ann Langeveld se volgende Wiskundevideo gaan jou help om breuke se vermeningvuldiging en deling nog beter te verstaan. (As resiprook vir jou dieselfde as spook beteken, verwys LitNet jou ook graag na ons Afrikaans-vraestelle wat gereeld bygevoeg word by ons vraestelle-afdeling.)
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: vermenigvuldiging en deling van breuke (1)
2024-07-16In hierdie gratis Wiskunde-video gee Lee-Ann Langeveld raad vir graad 8-leerders oor vermenigvuldiging en deling van breuke.
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: optel en aftrek van breuke
2024-07-15Is jy in graad 8 en wil jy liewers YouTube-video’s kyk as om skoolwerk te doen? As jy hierdie video aangaande skoolwerk kyk, sal jou ouers sommer baie bly wees. Boonop sal dit jou met jou skoolwerk help! In hierdie gratis Wiskunde-video deel Lee-Ann Langeveld wenke met graad 8-leerders oor optel en aftrek van breuke.
Graad 11: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2024-07-11Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2024-07-10Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

