
Prente: Canva
Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!
Lees ook:
Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
Kommentaar
Ek is vir die eerste keer in Graad 4 en het hulp nodig. Ek sal dit waardeer as u my kan ondersteun. Baie dankie.
Goeiedag! LitNet se vraestelle is deur kundiges vir kinders wat die KABV-kurrikulum volg, opgestel. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte en hoop dat jy daarby baat kan vind. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder