Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-22

Is jy in graad 4, kan jy glo dis al die derde kwartaal en wonder jy hoekom is hier ’n prentjie van die aarde by hierdie Wiskundevraestel geplak? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit en kry jou Wiskunde onder die knie. Daar is ook baie somme oor sekondes, minute en tyd hierin. As jy die vraestel uitwerk, sal die Wiskunde nie jou kop laat draai nie en jy sal kan sien dat tyd en die Wiskunde wat daaroor handel, heelwat te doen het met hoe vinnig die aarde draai!

Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-24

Is jy in graad 10 en skryf jy binne die volgende paar dae jou laaste Afrikaans Eerste Addisonele Taal-vraestel? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af en maak seker dat jy nie ’n F vir Afrikaans behaal nie. Dis nou tensy die F staan vir "fantasties".

Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memo’s, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-24

Is jy in graad 7 en nou eerder lus vir middagete as om vir jou laaste Afrikaans Huistaal-eksamen van die tweede kwartaal voor te berei? Indien jy ook honger is vir goeie punte, laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en gebruik die oefenvoorbeelde om vir jou eksamen voor te berei. Daar is ’n resep vir ’n bekende Suid-Afrikaanse gereg as voorbeeld. 

Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-23

Is jy in graad 10 en voel jy vrolik omdat dit amper vakansie is? Daar’s nog ’n rede om positief te voel. Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir jou eksamen voor te berei. Wees bly, want daar is boonop somme oor positiewe eksponente in hierdie vraestel. Jy sal positief oor jou punte voel as jy vir oulaas ’n vraestel uitwerk en vir die eksamen voorberei.

Afrikaans Huistaal: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-23

Is jy in graad 10 en wil jy heeldag op TikTok spandeer – maar jy skryf nog hierdie week jou Afrikaans Huistaal-eksamen? LitNet het net goeie nuus vir jou. Jy kan hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai en vir jou eksamen voorberei. Boonop word daar juis oor TikTok in een van die oefenvoorbeelde geskryf. Die ander goeie nuus is dat dit amper vakansie is!

Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-18

Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!

Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-11

Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!

Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-09

Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!

Wiskunde: Graad 7-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-03

Dis winter en tyd vir die Junie-eksamen. As jy in graad 7 is, kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit jou help om vir jou eksamen voor te berei. Jou beker warm sjokolade sal ekstra soet smaak as jy goeie punte in die eksamen behaal!

Uittreksels en oefenvoorbeelde: Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7 deur Aletha de Klerk

NB-Uitgewers Jonathan Ball-portaal 2025-06-03

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings.

Wiskunde: Graad 12-vraestel 2 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-28

Is jy in graad 12? Jy is nie meer so klein soos die kinders op hierdie prent nie. Een van die dae staan jy nie meer in die ry voordat die skooldag begin nie. Hier is wel ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om rye en reekse vir jou volgende Wiskundevraestel te bemeerster.

Wiskunde: Graad 12-vraestel 1 en memo, kwartaal 2

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-23

Is jy in graad 12? Dis tyd om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om briljante punte te kan behaal!

Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-21

Is jy in graad 6 en bekommer jy jou oor jou Wiskunde-eksamen wat voorlê? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit sal jou spanning soos mis voor die son help verdwyn. Laai dit af, oefen jou werk en jy sal sommer met selfvertroue kan gaan skryf.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-oefenvraestelle en memoranda, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-15

As jy vanjaar in graad 6 is, het jy seker nog nie so baie van hierdie voorwerp in jou lewe gesien nie. As jy egter voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen, kan jy hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai en meer lees oor die poskantoor. Dalk pos jou ouers vir jou ’n liefdesbrief as hulle sien watter goeie punte jy as gevolg van jou harde werk behaal.

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-07

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy ken seker die bekende sprokie van die twee kinders wat in die woud verdwaal en ’n lekkergoedhuisie ontdek het. Jy hoef nie so verlore soos hulle te voel as jy vir jou Wiskunde-eksamen voorberei nie. In hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit sal jy in sekere van die voorbeeldsomme huisies van vuurhoutjies kan bou. Wanneer jy goeie punte in die eksamen behaal, kan jy jou met smullekker koekies beloon. 

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-06

Is jy in graad 4 en skryf jy hierdie kwartaal vir die eerste keer eksamen? LitNet kan help! Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af en laat jou spanning saam met die water van die rivier op die prentjie wegvloei. Jy sal ook voorbeelde van vloeidiagramme in die vraestel aantref en as jy dit geoefen het, sal jy jou werk beter verstaan! 

Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-05

Is jy in graad 11 en wonder jy aan die begin van hierdie eerste week in ’n lang tyd waartydens dit nie ’n langnaweek is nie wat die sin van die lewe is? LitNet het die antwoord. Dit is: "Sin, cos, tan!" Laai Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor vir jou eksamen aan die einde van die tweede kwartaal. As jy goeie punte in die eksamen behaal, sal dinge sommer meer betekenisvol voel!

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-29

Is jy in graad 5 en hou jy hierdie week "skoolvakansie"? As jy lus voel om appeltert te bak, kan jy dit doen – en jy kan dit as beloning eet as jy sommer hierdie gratis oefenvraestelle van Eugene van der Westhuizen afgelaai en dit uitgewerk het om voor te berei vir jou tweede kwartaal se eksamen. Dit sal sommer baie lekker wees om die appeltert te eet en boonop goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te kry! 

Wiskunde: Graad 9-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-23

Is jy in graad 9 en voel dit vir jou daar is genoeg alfabetletters waarmee jy in Wiskunde te doen het dat dit nou al na Afrikaans voel? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel kan jou met jou somme help. Werk dit uit en berei voor vir die tweede kwartaal se eksamen. (As jy vir Afrikaans wil voorberei, is daar ook hulpvraestelle daarvoor op LitNet beskikbaar.)

Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-23

Is jy in graad 8 en sal jy eerder met jou broer of suster tyd spandeer as om Wiskunde te doen? Werk net eers hierdie som in Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel uit: "Jaco was twee jaar gelede twee keer so oud soos sy sussie Jane. Hoe oud is Jaco as Jane nou 𝑝 jaar oud is?" Noudat jy hierdie antwoord ken, kan jy die volgende som ook doen. (As jy onseker is oor hoe om die berekening te maak, sal haar memorandum jou help!) 

Top