Wiskunde: Graad 4, oefenvraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-12As jy in graad 4 is en graag met albasters speel, gaan hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Wilhelm du Toit vir jou groot pret wees om uit te werk. Hier is voorbeeldsomme wat met speelgoed soos albasters te doen het. Jou ouers sal boonop bly wees oor jou goeie punte!
Afrikaans Huistaal: Graad 6-vraestelle en memoranda, eerste kwartaal
2026-02-06Is jy in graad 6 en sê jou ouers jy moet hard werk om plek in ’n goeie hoërskool te kry? LitNet kan jou help! Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestelle en memoranda deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei vir die eerste kwartaal se toetsreeks.
Graad 12: Onderwêreld deur Fanie Viljoen – opsomming en analise
2026-01-21As jy vanjaar in matriek is, is Onderwêreld deur Fanie Viljoen waarskynlik jou voorgeskrewe boek in Afrikaans Huistaal. Lees die boek en laai dan Cecilia Klopper se opsomming en analise gratis hier in PDF hier af om die teks onder die knie te kry!
Graad 6: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en memorandum, kwartaal 1 & 2
2026-01-15Is jy in graad 6 en sê jou ouers vir jou jy moet vanjaar hard werk om ’n plek in ’n goeie hoërskool te kry? Die goeie nuus is dat Rouxlyn Botha se Natuurwetenskappe- en Tegnologie-vraestel groot pret is om te gebruik as jy jou werk wil oefen. Laai dit sommer hierdie week al af. Dis gratis – en daar’s ’n memo ook!
Graad 10: Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-27Is jy in graad 10 en dink jy aan die natuurreservaat waar julle gesin binnekort gaan vakansie hou? In hierdie gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel van Cecilia Klopper is daar ’n strookprentoefening wat oor renosterstropery handel, en nog hope ander interessante voorbeelde waarmee jy jou taalvaardighede kan oefen. Voorspoed met die heel laaste eksamen van die jaar!
Graad 5: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4
2025-11-25As jy in graad 5 is en nog hierdie week Natuurwetenskappe en Tegnologie-eksamen skryf, kan Rouxlyn Botha se gratis oefenvraestel en memorandum jou help. Een van die vrae is om na hierdie prent te kyk en te beantwoord watter van die volgende stelsels van wiele en asse gebruikmaak. Laat die wiele rol – eers in die rigting van goeie punte, en dan na jou vakansiebestemming toe!
Graad 7: Wiskunde-vraestel 2 en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-23As jy in graad 7 is, weet jy hoërskool is net om die hoek ... of eerder: net om die draai. In hierdie gratis Meetkunde-vraestel deur Wilhelm du Toit, gaan jy baie van hoeke leer. Daar is ook baie ander oefenvoorbeelde. Laai die vraestel en memorandum af en behaal goeie punte in jou laaste Wiskunde-eksamen in die laerskool!
Graad 10: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-23Is jy in graad 10 en skryf jy nog binnekort Afrikaans Eerste Addisionele Taal-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af om jou werk te oefen. Een van die oefenvoorbeelde in die vraestel kom uit Faeed se jeugboek wat onlangs verskyn het, Life is ’n biets.
Graad 9: Wiskundevraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-19Is jy in graad 9 en skryf jy nog eksamen? Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann West waarmee jy kan voorberei en sommer briljante punte sal kan behaal!
Graad 6: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-17Is jy in graad 6 en wonder jy hoe laat dit in ’n ander land sal wees as dit eksamentyd in Suid-Afrika is? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou nie met daardie vraag kan help nie, maar dit gaan jou wel help voorberei vir jou Wiskunde-eksamen binnekort. Daar is voorbeeldsomme soos sal die VSA se tyd voor of na Suid-Afrika s’n wees? Berei sommer nou voor vir die eksamen en behaal bobaaspunte wat jou plek in die hoërskool sal help kry!
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2025-11-14Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Hier’s ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld om jou werk mee te oefen.
Graad 9: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, derde en vierde kwartaal
2025-11-04Is jy in graad 9 en het jy krag vir die eksamen? Van krag gepraat: In hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Rouxlyn Botha is daar oefeninge oor elektrisiteit en stroombane – en die res van die werk wat jy vir jou eksamen moet hersien. Begin sommer nou voorberei en daar sal vir jou ’n lig opgaan sodat jy die werk beter sal verstaan!
Graad 11: Wiskunde-vraestel en memo, vierde kwartaal
2025-11-03Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Dan moet jy gou uitwerk wat die waarskynlikheid is dat Leslie en sy vriende vandag gaan fliek en of hulle eerder gaan branderplankry. Daar is ook nog meer oefenvoorbeelde in hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld. Werk die vraestel uit en vaar goed in jou Wiskunde-eksamen! Binnekort is dit vakansie.
Graad 7: Wiskunde-oefenvraestel 1 en memo, vierde kwartaal
2025-10-31Is jy in graad 7 en gee Algebra jou ’n allemintige hoofpyn? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memo deur Wilhelm du Toit af en oefen die voorbeelde totdat jy dit regkry! Van ag nee tot A plus!
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memo, vierde kwartaal
2025-10-31Is jy in graad 10 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy kan gerus hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai en saam met Jan, in die voorbeeldsom, uitwerk wat die koste is van ’n skootrekenaar wat hy vir skool benodig. Daar is natuurlik ook baie ander oefenvoorbeelde. Voorspoed met die voorbereiding!
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, vierde kwartaal
2025-10-29Is jy in graad 5 en wonder jy wie is die drie susters op hierdie prent? In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen gaan jy kan lees oor die drie susters van Drie Susters in die Karoo. Die vraestel sal jou ook met nog meer stories en voorbeeldoefeninge vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal kan help voorberei. Voorspoed met die eksamen!
Graad 4: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-10-29Ons ry 468 km na ons vakansiebestemming. Die rit duur 6 uur. As jy in graad 4 is, wil jy dalk vra: Waarheen is ons op pad? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou eers help met die Wiskundesom (jy gaan moet uitwerk hoe ver het julle in 2 ure gery). As jy klaar eksamen geskryf het, kan jy lekker gaan vakansie hou. Laai die oefenvraestel en memorandum gratis hier af.
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-10-28Die snoepie verkoop 357 sappies per dag. Hoeveel verkoop hulle in 1 week? As jy in graad 5 is, sal jy met somme soos hierdie een vir jou Wiskunde-eksamen kan voorberei. Laai hierdie oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis hier af!
Toets jou begrip
2025-10-22Ouers, onderwysers, leerders of nuuskieriges kan hierdie gratis begripstoets benut. Dit is opgestel deur Marieta Nel volgens die onderwysdepartement se nuutste riglyne.
Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4
2025-10-20Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Natuurwetenskappe-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rouxlyn Botha af en begin sommer nou al voorberei. Binnekort is jy die skerpste potlood in die potloodhouer!

