Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders
2019-02-28"Humor kan op ’n individueel-psigologiese vlak sowel as op ’n literêr-sosiologiese vlak ’n heilsame en positiewe invloed hê. Dit is noodsaaklik dat ’n jong leser plesier put uit wat hy lees sodat dit hom of haar motiveer om steeds meer te wil lees."
Second call for papers: Fifth International Symposium on Place Names 2019
2019-02-25"Only a limited number of papers can be accommodated, as all sessions will be plenary. Deadline for abstract submissions: 4 March 2019."
’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun: ’n gevallestudie
2019-02-21"Hierdie artikel ondersoek en evalueer krities die redes waarom ons tegnologie in die onderrig van Afrikaans Huistaal wil integreer. Die bevinding is dat die Afrikaans Huistaal-onderwyser leerders vir die 21ste eeu gereed behoort te maak en daarom behoort tegnologie-integrasie in die klaskamer plaas te vind."
Taalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leerondersteuning om dienslewering te verbeter
2019-02-14"Taalkommunikasiedosente in die universiteit het ’n besondere taak om studente in die taal van onderrig voor te berei vir akademiese kommunikasie oor alle vakgebiede heen. Met LBS-gebruik en effektiewe ondersteuning is dit ’n bereikbare mikpunt."
"Ons skryf soos ons praat": Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners
2019-02-07"Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal."
Pos beskikbaar: Hoof uitvoerende beampte (HUB) – Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (Pretoria)
2019-01-23"Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie raak op 30 Junie 2019 vakant. Van ’n nuwe HUB word verwag om reeds op 1 Junie 2019 diens te aanvaar. Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 30 Januarie 2019 ingewag."
Graad 2: selfmerktoets vir wiskunde
2019-01-17Is jou kind in graad 2 en wonder jy wat alles vanjaar in die wiskundeklas vir haar voorlê? Hier is 'n oefentoets wat voltooi en self aanlyn nagesien kan word.
Graad 1: selfmerktoets vir wiskunde
2019-01-17Is jou kind in graad 1 en wonder jy wat hulle alles vanjaar in wiskunde sal moet baasraak? Hier is 'n oefentoets wat voltooi en self aanlyn nagesien kan word.
Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019
2019-01-15"Nominasies word ingewag vir 2019 se SA Akademiepryse. Kandidate vir enigeen van hierdie pryse kan tans by wyse van volledig gemotiveerde voorstelle genomineer word. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2019, behalwe waar andersvermeld."
Persvrystelling: Uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Maraisprys vir 2019!
2019-01-15"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2019. Enige persoon of instansie is welkom om voor Donderdag 31 Januarie 2019 nominasies in te stuur."
Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde: ’n hervertolking
2019-01-15"Sonder ’n staat wat sterk genoeg is om openbare goedere te voorsien, misluk die geliberaliseerde moderne markorde in vele opsigte om die wêreld se grootste ekologiese en sosiale probleme die hoof te bied. Die populistiese reaksie is ’n gevaarlike pad wat na ander vorme van totalitarisme lei."
Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom?
2019-01-14"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."
Die vertaling van eiename by Deon Meyer: ’n ondersoek na konsekwentheid
2018-12-18"Vertaalbesluite moenie lukraak geneem word nie, aangesien dit die oordrag van die intrinsiek Suid-Afrikaanse elemente, ’n kernelement in Meyer se werk wat onder andere in die eiename tot uitvoering gebring word tot nadeel strek."
Mens-dier-verhoudings in Thomas Mofolo se historiese roman Chaka (1925, 2017)
2018-12-18"Mofolo se roman blyk voorts ’n goeie voorbeeld te wees van De Mello se siening dat aandag aan die rol van diere insigte bied oor die teks self: in hierdie geval die roman se negatiewe oordeel oor Chaka se bewind as strydig met die gees van Afrikahumanisme."
Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie
2018-12-13"Mag die artikulering van die Arabiese trajekte in die Karolingiese en post-Karolingiese periodes van Middeleeuse filosofie in hierdie artikel en die voorafgaande hiervan, ’n 21ste-eeuse resepsie van Middeleeuse filosofie verruim en verryk."
Die Arabiese trajek in die Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie
2018-12-13"Middeleeuse filosofie word daarom sowel ensiklopedies as in terme van ’n 21ste-eeuse kulturele verantwoording verryk indien die Arabiese trajek chronologies by die Westerse register ingesluit word – en dus nie tot individuele nisnavorsing en ’n eenkant-rubriek soos "filosofie van Islam" beperk en daarmee effektief uitgesluit word nie."
Selfgerigte leer: Die ervarings en menings van lewenswetenskappe-onderwysstudente tydens die gebruik van werkkaarte in ’n koöperatiewe onderrig-leer-omgewing
2018-12-12"Navorsing toon dat baie onderwysinstellings, soos skole en universiteite, nie studente lewer wat oor voldoende selfgerigte-leer-vaardighede beskik om nasionale sowel as globale probleme op te los nie."
Hibriditeit en outentisiteit as kulturele merkers in Nico Carstens se musiek
2018-12-11"Die vraag waarop daar gefokus word, belig die wyses waarop Carstens as komponis en trekklavierspeler daarin geslaag het om tradisionele boeremusiekidiome deur middel van ’n versmelting van verskillende musikale invloede en style te verryk tot ’n gestileerde, dog hoogs toeganklike en bemarkbare Suid-Afrikaanse populêre-musiek-identiteit."
Die vleesgeworde Woord by Martinus Nijhoff en D.J. Opperman
2018-12-11"Vir sowel Nijhoff as Opperman moet die gedig los kom van sy maker en outonoom wees. Die digter bereik die sterkste mate van outonomie in die gedig deur hom te identifiseer met ’n personasie buite homself wat voortkom uit die magnetiese aangetrokkenheid van vlees tot vlees."
Morele leierskap: Die skoolhoof as agent vir die vestiging van morele waardes ter bevordering van skoolklimaat
2018-12-10"Die skoolhoof is die hoofrolspeler in ’n skool; vanaf die skoolhoof kom die klimaat van die skool en die klimaat is die morele gevoel wat afgelei is van die waardes wat die skoolhoof verkondig en tot aksie bring. Die rituele en tradisies in skole gee lewe aan die waardes wat die leier voorstaan en word die grondslag waarop die klimaat, kultuur en gemeenskap gegrond is."
