Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Wat is fout met Suid-Afrikaanse skole? Geheelbeeld van, en leemte in die navorsing oor skoolleierskap as sleutelfaktor
2018-07-13"Ten spyte daarvan dat skole uitgelewer is aan die werklikhede van die onderwysstelsel en hulle nie die samelewingskonteks kan verander nie, kan die leierskap van skoolhoofde ’n faktor wees in die bepaling van die gehalte van die onderwys wat in ’n bepaalde skool plaasvind."
Die oordrag van leesbegripstrategieë op ander akademiese vakke op universiteitsvlak
2018-07-10"Die doel van die studie was om die aard en mate van oordrag van leesbegripstrategieë vanuit ’n akademiese leesbegripprogram na ’n inhoudsvak/vakinhoude op universiteitsvlak te bepaal. Die bevindinge dui daarop dat positiewe oordrag wel plaasgevind het."
Die modus operandi-profiel van die kontant-in-transito-rower as eksklusiewe misdadiger
2018-07-05"Omdat modus operandi-inligting oor die beplanning van ’n transitorooftog en die rowers se optrede na afloop van die misdaad moeilik bekombaar is, word aanbeveel dat die SAPD die moontlikheid ondersoek om modus operandi-inligting van gevonniste oortreders, veral van eksklusiewe misdadigers of rowers, te bekom."
Kennisgewing: 2018 Fritz Ponelis-gedenklesing, Donderdag 26 Julie
2018-07-05Jac Conradie is vanjaar die spreker by die Universiteit Stellenbosch se Fritz Ponelis-gedenklesing. Die onderwerp van sy lesing is: "Hy praat mos darem nou oor ons, nè?" – oor Afrikaanse modale partikels.
Persvrystelling: Beurse vir M- en D-studie 2019
2018-07-04Die SA Akademie stel vir 2019 ’n beperkte aantal studiebeurse beskikbaar vir M- en D-studie in enige vakrigting (geestes- of natuurwetenskappe). Die uitkoms van die betrokke studie (’n proefskrif of verhandeling of enige ander vereiste vorm) moet in Afrikaans wees. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2018.
Uitnodiging: EB van Wyk Linguistiek-erelesing
2018-07-02Is daar nog iets te sê oor Afrikaans (se verlede)? Jy word vriendelik uitgenooi na die derde EB van Wyk Linguistiek-erelesing by die Universiteit van Johannesburg. Wannie Carstens is vanjaar se spreker.
Die eenpersoondrama as (steeds ontluikende) subgenre: ’n skets van sy ontwikkelingsgang en kenmerke
2018-06-26"Die eietydse teaterlandskap, hetsy plaaslik of internasionaal, bevind sig tans in ’n kommerwekkende posisie weens beperkende ekonomiese toestande en mededingende vorme van vermaak (televisie, internet en so meer). Daarom wend baie dramaturge, produksiespanne en akteurs hulle tot ekonomies meer haalbare formate van teaterskepping, byvoorbeeld die eenpersoondrama."
Press release: The Jakes Gerwel Fellowship: Applications open for 2019
2018-06-26If you want to pursue a meaningful, challenging career as a high school teacher, apply for the Jakes Gerwel Fellowship today.
Ope brief aan Phumelele Buthelezi, vakadviseur KwaZulu-Natal: Die toekoms van Afrikaans op skool
2018-06-20"Waarom word daar nog onderskei tussen Huistaal-leerders en Eerste Addisionele Taal-leerders op skole? Dié praktyk is in wese elitisties en eksklusief en dit skep net verdeeldheid!"
Ouers van kinders in hulle middelkinderjare met aandagtekort- en hiperaktiwiteitsversteuring se belewing: ’n veerkragtigheidsperspektief
2018-06-19"Alhoewel daar konsensus in die literatuur is oor die sterk genetiese komponent van ATHV, is dit ook duidelik dat die insette van ouers en ander omgewingsfaktore die lewe met hierdie toestand positief kan beïnvloed."
WhatsApp? Die ontwikkeling van ’n positief-interafhanklike e-praktyknetwerk tydens die samestelling van e-portefeuljes in afstandhoëronderwys
2018-06-13"Die afleiding kan gemaak word dat WhatsApp-groepe ’n sleutel tot studentesukses in afstandhoëronderwys bied, mits die dosent of mentor aktief in die aanlynleeromgewing betrokke is om die leerproses koöperatief te struktureer en die ontwikkeling van selfreguleringsvaardighede te fasiliteer."
The school’s dress code
2018-06-11"I forecast that it will take just one steadfast learner, backed by a half-decent legal team, to expose the dress and conduct code for what it is: a discriminatory house of cards that will tumble once subjected to serious scrutiny."
Graad 7: SW (Geskiedenis), vraestel en memorandum
2018-06-07Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Geskiedenis.
Graad 7 SW (Aardrykskunde): vraestel en memorandum
2018-06-06Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Aardrykskunde.
Kreolisering van die wêreldletterkunde by D.J. Opperman
2018-06-06"Die ontleding toon aan hoe vindingryk Opperman ander tekste gekreoliseer het, maar ook dat hy daardeur, veral in sy later werk, ’n subtiele kritiek teen apartheid en teen kolonialisme vergestalt ten gunste van oopheid en relasionaliteit."
Tegnologie, graad 7, kwartaal 1: PowerPoint-skyfies
2018-06-06Hier is gratis PowerPoint-skyfies vir Tegnologie met opsommings van kwartaal 1 se werk.
Graad 7: Afrikaans Huistaal, Junie, oefenvraestel 3
2018-06-06Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal. Die vraestel fokus op leesbegrip, taalstrukture en literatuurstudie.
Graad 7: Afrikaans Huistaal, Junie, oefenvraestel 2
2018-06-05Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal. Die vraestel fokus op leesbegrip, taalstrukture en -konvensies en literatuurstudie.
’n Lesing van Michel Houellebecq se poësie tussen die pole van die "abjekte" en die "eteriese"
2018-05-31"Houellebecq is wesenlik ’n liriese digter en die meeste gedigte is deurtrek van melancholie en ’n gevoel van treurigheid oor verlore dinge en tye. Gelees as ’n enkele korpus, loop die verse wel soms die gevaar om in ’n mate van eenselwigheid met betrekking tot veral toonaard en tematiek (en, soms, beelding) te verval."
Graad 7: Afrikaans Huistaal, Junie, oefenvraestel 1
2018-05-31Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal. Die vraestel fokus op leesbegrip, taalstrukture en -konvensies en literatuurstudie.
