Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Verantwoordelike rolprentvervaardiging: etiek en toeskouerskap deur die lens van Michael Haneke se Amour
2018-05-02"Aangesien ons moderne samelewing deur die media oorweldig word, stel Michael Haneke voor dat filmmakers ’n verantwoordelikheid het om gehore aan te moedig om aan ’n film se betekenisskeppingproses deel te neem, veral wanneer dit kom by die uitbeelding van geweld."
Op die spel 3: ’n onderhoud met Elsa-Marié van der Watt
2018-04-30"Lees en goed spel gaan definitief hand aan hand! Ek kan nie nou aan iemand dink wat goed spel en nie lees nie."
Foto's en commendatio's: Drie ATKV|SA Akademie-pryse oorhandig
2018-04-26Drie van die ag ATKV|SA Akademie-pryse van 2018 is Woensdagaand by ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Wes-Kaap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oorhandig. Vier LitNet Akademies-artikels is vanjaar bekroon; die pryse vir twee van hulle is by dié funksie oorhandig.
Persvrystelling: Opleiding vir nuutverkose SBL-lede deur FEDSAS aangebied
2018-04-24"Die doel van hierdie opleiding is om te verseker dat alle SBL-lede oor die nodige kennis en hulpmiddels beskik om hul skool tot nuwe hoogtes te lei."
Press release: Information on the 8th Shakespeare School Festival South Africa
2018-04-20"Exciting news is that the De La Bat School for the Deaf will make their stage debut with their version of Romeo and Juliet in South African sign language (SASL) and the outreach programme will extend into new communities in Mitchells Plain and Manenberg for the first time."
Pastorie of nie? Die invloed van gemeentebehuising op die aftredevooruitsigte van die NGK-predikant
2018-04-19"Alhoewel die roeping na die bediening nie noodwendig finansieel ingestel is nie, is finansiële insig, bewusmaking en moontlike opleiding dringend nodig om te verseker dat predikante genoeg manna vir die sewende dag het."
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: 2018 se pryswenners bekend
2018-04-13Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die wenners van die meeste van 2018 se Akademiepryse bekend gemaak.
Jan Marais-prys 2018: Wenners bekend
2018-04-13"Die wenners is professore Christo van Rensburg, ’n taalkundige en navorsingsgenoot van die NWU, en Marinus Wiechers, ’n regsgeleerde, voorheen verbonde aan die Regsfakulteit van Unisa en voormalige rektor van daardie instelling."
Graad 11: Wiskunde, vraestel 2 en memorandum
2018-04-13Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskunde.
Graad 11: Wiskunde, vraestel 1 en memorandum
2018-04-12Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskunde.
Persvrystelling: Fedsas moedig ouers aan om aktief in hul kind se opvoeding betrokke te wees
2018-04-12"Deur hul stem te laat geld, bevestig ouers dat hulle in die beste belang van hul kind opvoeding ’n prioriteit maak en sodoende ’n goeie voorbeeld stel vir hul kind en mede-ouers."
Die ontleding van wetgewing en bestaande programme en dienste vir straatkinders in Suid-Afrika
2018-04-12"As daar in die beste belang van straatkinders opgetree moet word, sal al die uitdagings op die beste wyse aangepak moet word, ten spyte van nasionale en internasionale finansiële tekorte."
Self, religie en homeostase: ’n Neuroteoretiese verkenning van die vroeë Boeddhisme
2018-04-11"Die versteuring van emosionele homeostase waarvoor die Boeddha geglo het hy ’n oplossing gevind het, was nie alleen deur ingrypende omgewingsveranderinge teweeg gebring nie, maar ook deur ’n religieuse self- en werklikheidsbeskouing aan die grond van die sosiokulturele stelsels van Noord-Indië in hierdie tyd."
Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is
2018-04-05"Die heersende tendens onder verbruikers om 'natuurlike produkte' te kies gaan gepaard met ’n groeiende voorkeur vir die verbruik van rou melk, aangesien rou melk verskeie beweerde gesondheidsvoordele inhou. Rou melk verwys in die algemeen na melk wat nie pasteurisasie, sterilisasie of ultrahoëtemperatuurbehandeling ondergaan het nie."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Michelle Barnard
2018-04-05"Dit was vir my baie belangrik dat die artikel ’n oorspronklike bydrae tot die vakgebied moes beliggaam en moontlik die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal sou bevorder."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Cilliers van den Berg
2018-04-05"Ek is eintlik ’n Germanis en is veronderstel om my met die Duitse letterkunde besig te hou, maar Afrikaans sal altyd die taal wees waarin ek my die beste kan uitdruk. Dat goeie navorsing steeds in hierdie taal gegiet kán word, is klinkklaar, en dit is graag hiér waar ek ook ’n bydrae wil lewer."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Helgard Raubenheimer
2018-04-05"Dit was vir baie jare pret om op die gebied van goudchemie, een van my gunstelinggebiede, te werk en dit verder te ontwikkel."
’n Onderhoud met bekroonde navorsers Aslam Fataar en Henry Fillies
2018-04-04"Hierdie prys is ’n erkenning van die behoefte aan navorsingsbenaderings tot die verstaan van onderwys wat fokus op die multidimensionaliteit en kompleksiteit wat nou studente se opvoedkundige weë en praktyke vorm."
Die toepas van ’n kommunikatiewe model vir teksontleding ten einde ’n estetiese vertaling van Sint Jan van die Kruis se gedig "Noche oscura" te skep
2018-03-28"’n Teoretiese grondslag is wesentlik noodsaaklik vir enige gesprek rondom vertaling om op rasionele wyse te kan plaasvind en om vir die vertaler te laat besluit waarom ’n sekere keuse ’n beter oplossing as ’n ander moontlikheid is."
