Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep
2018-11-16"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."
Socmint: die monitering van sosiale media vir gemeenskapsveiligheidsdoeleindes binne ’n grootdataraamwerk in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na Orania
2018-11-14"Die sleutelkwessie uit die huidige studie is dat Socmint gebruik kan word om wanopvattings te identifiseer deur ’n algemene gevoel oor ’n onderwerp te bekom. Wanneer wanopvattings en relevante rolspelers geïdentifiseer is, kan daar deur konstruktiewe gesprekvoering met rolspelers in gesprek getree word en wanopvattings kan reggestel word, wat konflik kan verhoed."
Managing Editor: Acta Academia
2018-11-13Acta Academica is an academic journal dedicated to scholarship in the humanities. The journal publishes scholarly articles that examine society, culture and politics past and present from a critical social theory perspective. The University of the Free State invites applications for the position of Managing Editor: Acta Academia.
Vonnisbespreking: Waaksame waghonde en waagmoedige kinders – ’n wanklank uit die Oos-Kaap
2018-11-12"Dit is ten ene male onwaar dat ons reg vereis dat die persoon wat die hond provokeer, onder alle omstandighede toerekeningsvatbaar moet wees. Die hof verwar hier die verwere van provokasie met bydraende skuld aan die eiser se kant."
’n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente
2018-11-12"Die integrasie van kultuur in die aanleer van ’n nuwe taal is belangrik omdat taal en kultuur oorvleuel; derhalwe raak die insluiting van ’n kultuurkomponent in die taalklaskamer al hoe gewilder."
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid, vraestel 2 en memorandum
2018-11-08Hier is nog ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskundige Geletterdheid (vraestel 2).
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid, vraestel 1 en memorandum
2018-11-08Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskundige Geletterdheid.
Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek
2018-11-07"In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg is ’n lasteraksie beskikbaar vir sowel individue as regspersone wie se reputasie onregmatig geskaad is. Die vraag wat egter in hierdie artikel te berde kom, is of ’n lasteraksie ook vir ’n trust beskikbaar behoort te wees indien die trust se goeie naam of reputasie benadeel is."
Breyten Breytenbach en de Lage Landen: Oproep voor bijdragen
2018-11-07"De redactie van Zacht Lawijd. Literair-historisch tijdschrift presenteert in oktober 2019 een themanummer over de aanwezigheid en receptie van Breyten Breytenbach in Nederland en Vlaanderen (jaargang 18, nummer 3). De samenstellers Bertram Mourits en Yves T’Sjoen nodigen belangstellenden uit om uiterlijk op 1 januari een voorstel in te dienen voor een bijdrage."
Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie
2018-11-06"Navorsing het onder meer getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys te teoreties is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie."
Die ontwikkeling van ’n koste-effektiewe en byderwetse multimedia digitale argief by EPOG in Orania
2018-11-05"Een van die belangrikste kwessies wat uit die literatuur oor digitalisering en digitale argiewe na vore kom, is dat aanpasbaarheid van die persone wat daarby betrokke is, ’n nie-onderhandelbare eienskap is: nuwe tegnologie ontwikkel wat nuwe geleenthede en uitdagings bied. As argivarisse in ’n gemaksone verval, bring dit die bewaring van ons erfenis in gedrang."
Die bou en benutting van ’n teoretiese raamwerk om verdiepte insig in ’n opvoedkundigenavorsingsprobleem te bekom
2018-11-02"Vir ervare teoriebouers kom dit byna vanself: As hulle ’n aantal artikels en boeke geraadpleeg het, begin hulle al die hooflyne van ’n konseptuele en teoretiese raamwerk in hulle agterkop te vorm, en later identifiseer hulle (of beter nog: ontwikkel hulle self) een of meer teorieë waarmee hulle die geraadpleegde inligting en materiaal kan beoordeel en evalueer."
Vonnisbespreking: Arbeidsmakelaars: Enkelwerkgewer, twee kontrakte en talle onbeantwoorde vrae
2018-10-31"Word die kliënt na drie maande die enkelwerkgewer van die agentskapswerker en val die middelman-arbeidsmakelaar weg uit die driehoeksverhouding? Of word daar ’n dubbelwerkgewerverhouding geskep wat tot gevolg het dat beide die arbeidsmakelaar en die kliënt werkgewerstatus behou?"
’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz
2018-10-30"Blou is nie ’n kleur nie is ’n geskenk van Carin Krahtz aan die selfgerigte leser, aangesien die leser met behulp van genoemde leidrade, kontekstuele merkers en leesstrategieë hierdie verhaal kan ontdek en die verskuilde verhaalboodskap kan ontsluit."
Oligomerisasie van langerketting 1-alkene in die teenwoordigheid van Cp2MCl2-metalloseen-, meer komplekse Zr-metalloseen- en tridentaat bis(imino)piridienyster(II)-katalisatorsisteme
2018-10-25"Uit die drie reekse katalisatore wat ondersoek is, is vier geïdentifiseer wat die hoogste aktiwiteit getoon het, en die potensiaal het om vir die dimerisasie van langerketting 1-alkene gebruik te kan word."
Laat die klokke lui …! Is die lui van klokke ’n geraasoorlas of bloot die billike uiting van geloofsoortuigings?
2018-10-23"’n Reg geld slegs met inagneming van ander se regte en belange. Ten aansien van die lui van klokke moet inwoners wat deur die betrokke praktyk geraak word, se reg om hulle eiendom vry van ’n geraasoorlas te geniet, ook in ag geneem word."
Press release: 2019 5th International Symposium on Place Names
2018-10-22"ISPN 2019 aims to explore the processes of researching, maintaining and restoring indigenous place names, as well as the preservation and promotion of the indigenous languages from which these place names originate."
Gedigte en gedagtes: politiek en etiek
2018-10-22Jy word uitgenooi na ’n middaguurgesprek met Marlene van Niekerk by die Departement Afrikaans en Nederlands (US) op 25 Oktober om 13:00.
Afstanddoening van werksgetrouheid in Richard Taruskin se essay “Setting limits”
2018-10-18"Daar is ruimte vir die 'oorspronklike' werke van komponiste soos Beethoven binne hedendaagse konsertpraktyk, net soveel as wat daar ruimte vir plaaslike vernuwing in ’n opera soos Fidelio is. Hier verlang mens egter soms meer as om slegs daardie oorspronklike werk op Robbeneiland of in die Kasteel de Goede Hoop uit te voer ..."
Bejaardheid en asketisme in die vroeë Christendom: ’n Vergelyking tussen die sienswyses van Johannes Chrusostomos en Filoksenos van Mabboeg
2018-10-17"Die praktyk van asketisme is ook die praktyk van selfverloëning, om die self af te sterf en dood te wees vir sonde en drange. ’n Lyk is ook koud en droog, en bejaardheid word ook gesien as teken van die nadering van die aardse dood."
