Wiskunde met LitNet: Priemgetalle- en bekendstellingsvideo

  • 13

Wil jy graag wiskunde beter verstaan? Het jy al gewens dat 'n wiskunde-onderwyser vir jou begrippe wat jy nie verstaan nie, op jou selfoon- of rekenaarskerm kan verduidelik? LitNet laai van hierdie week af video's op wat skoolkinders van verskillende grade kan help. Lee-Ann West is 'n wiskunde-onderwyser wat sommer al in die wintervakansie gaan begin om jou wiskundelewe vir jou makliker te maak. Van nou af kan jy elke week 'n kort video kyk wat handel oor werk wat julle hierdie kwartaal in die klas gaan behandel. Hier is die eerste bekendstellingsvideo. Volgende week kom die volgende een.

  • 13

Kommentaar

  • Amanda le Roux

    Ek hou met belangstelling dop.
    "Wiskunde is 'n studie van getalle en syfers".... mmmmm
    Ek vertrou daar kom iets wat reg laat geskied aan die wonderbaarlike priemgetalle.

  • Pieta van Deventer

    Baie interessant. Kan net byvoeg: Om wiskunde-wetenskappe (en so ook wetenskappe in die algemeen) te bestudeer is soortgelyk aan die aanleer van 'n taal. Dikwels word iets waarmee ons alreeds bekend is nou net op 'n meer eksakte wyse met o a "nuwe" woorde en selfs simbole (nuwe woorde van die taal) oorgedra en uitgebrei. Daarom is 'n goeie taalbegrip so belangrik. ('n Goeie verbale IK sou nogal meer as baie handig wees sou 'n mens kon beweer.) Ek sien uit daarna om te sien of die priemgetalgedagte verder geneem gaan word. Dis 'n onuitputlike bron van navorsing – verwys o a na Peter Sarnak-Priceton University. Ja, nog een van ons uitgelese trots Suid-Afrikaanse mense en wêreldleier in hierdie onderwerp.

  • Anit Groenewald

    Dis wonderlike nuus! Baie dankie, dit lyk reeds na goeie kwaliteit video’s.
    ‘n Versoek: sit asseblief al die wiskunde-video’s in ‘n afsonderlike “Playlist” Op YouTube...dis moeilik om dit tussen al die ander video’s uit sif... 🙏🏻

    • Hallo Anit!

      Baie dankie vir jou terugvoer.
      Ons sal aandag hieraan gee.

      Vriendelike groete
      Remona Voges

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top