Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vir 2020 ’n beperkte aantal studiebeurse beskikbaar vir M- en D-studie in enige vakrigting (geestes- of natuurwetenskappe). Die uitkoms van die betrokke studie (’n proefskrif of verhandeling of enige ander vereiste vorm) moet in Afrikaans wees.
Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2019.


