Ontlaering 2020: Tweede oproep om referate

  • 0

Hiermee die tweede oproep om referate vir die Ontlaeringkollokwium wat op 16 en 17 Januarie 2020 in Qwaqwa plaasvind. Die tema is Transnasionalisme: Afrikaans & X

Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen die einde van Oktober 2019, by unlaagering@gmail.com. Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, VSA, en Namibië met/oor die Afrikaanse letterkunde werk om deel te neem.

Die hoofrede word gelewer deur Rita Barnard, Professor in Engels en die hoof van die voorgraadse Vergelykende Letterkunde-program by die Universiteit van Pennsylvania. Azille Coetzee, feministiese filosoof by die Universiteit Stellenbosch, sal in gesprek tree oor haar boek, In my Vel.

Lees die eerste oproep om referate

Oproep om referate: Ontlaering 2020

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top