LitNet Akademies: Lang Lang en die illusie van omstredenheid

Etienne Viviers 2012-05-16 Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" gee Etienne Viviers sy mening oor Lang Lang se kreatiewe interpretasies van klassieke werke.

LitNet Akademies: Verskuif Lang Lang die interpretatiewe grense van die kunsmusiek-teks – of bevestig hy dit?

Martina Viljoen 2012-05-16 Martina Viljoen lewer kommentaar op Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses".

LitNet Akademies: Lang Lang – Omstrede vertoonkunstenaar of gesiene virtuoos?

2012-05-16 Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" reageer drie kenners op die vraag of Lang Lang se omstrede interpretasies die samehangende struktuur van die werke wat hy uitvoer ondermyn.

Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing

Alta van Rensburg 2012-05-16 "Die onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing kan studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is om die konsepvertaling wat deur ’n eerste vertaler geskep is deur ’n tweede vertaler te laat nagaan."

Internasionale Museumdag: Elzette Steenkamp gesels met Elsabé Uys van Iziko Museums

Elzette Steenkamp, Elsabé Uys 2012-05-15 Ter viering van Internasionale Museumdag op 18 Mei gesels Elzette Steenkamp met Elsabé Uys oor die opvoedkundige programme van die planetarium by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad.

“ek het ? liggaam, daarom is ek”: Outobiografiese elemente in Antjie Krog se Verweerskrif

Marisa Botha 2012-05-10 "Antjie Krog is bekend as grensverskuiwende digter, maar met die publikasie van Verweerskrif (2006) ontlok sy moontlik die hewigste kritiek ooit in haar poëtiese loopbaan. Die kritiek sentreer op die uitdagende omslag, asook op onontginde temas in die Afrikaanse digkuns: menopouse en die ouer vrou se seksualiteit."

LitNet Akademies (Skole): Bazoo leer kinders speel-speel natuurbewaring

2012-05-10 Die skrywer Anna Emm snoer kragte met die Bazoo opvoedkundige kleutertydskrif saam om twee CD’s met vyf lekkerluisterstories elk vry te stel. Die stories is voorgelees deur die bekende akteur Deon Lotz en leer kinders oor die belangrikheid van toerisme en natuurbewaring.

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.

Die Mei-uitgawe van Hoezit! is nou beskikbaar!

2012-05-09 Die Mei-uitgawe van Hoezit! is nou op die rak. Hierdie maand se tydskrif is weer propvol moet-weet-inligting, vermaaknuus en tonne kompetisies!

LitNet Akademies (Skole): WOW-projekte

2012-05-03 Die Woorde open Wêrelde-projek, ’n taalbemagtigingsprojek van die US Woordfees, is daarop gerig om leerders uit hoofsaaklik voorheen benadeelde gemeenskappe te bemagtig deur hulle bloot te stel aan kreatiewe programme wat op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste gebaseer is. Lees hier nog oor die jongste WOW-projekte.

LitNet Akademies-resensie-essay: Is Piekniek by Hangklip ’n kriminele oortreding?

Izak de Vries 2012-05-02 Izak de Vries hou sy lyf speurder en ondersoek Kerneels Breytenbach se speurverhaal-sonder-'n-speurder, Piekniek by Hangklip.

’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die 2003- en 2011-weergawes van die South African Languages Bill aan die hand van sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

Theodorus du Plessis 2012-05-01 Die hersiene weergawe van die South African Languages Bill wat sedert Julie 2011 in omloop is en gedurende Oktober 2011 vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is, het heelwat negatiewe reaksies ontlok en kritici bevind onder meer dat dit ’n afgewaterde weergawe van sy voorganger (die 2003-weergawe) is. Maar is die 2003-weergawe werklik ’n beter wetsontwerp en sy 2011-opvolger by implikasie dan ’n slegter ontwerp?

Mentorprogramme: LitNet Akademies (Skole)

2012-04-26 ’n Opvoeder is ’n mentor. Die ATKV en die SBA sien dit raak en bied programme aan wat mentorskap slyp. LitNet nooi ook ander organisasies wat die belange van Afrikaanse leerders op die hart dra om ons lesers van hul aktiwiteite in te lig.

YouTube-onderhoud: Michael le Cordeur

2012-04-26 Michael le Cordeur gesels oor sy akademiese agtergrond en loopbaan. Hy praat ook oor die belangrikheid van moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys (MTGTO). Le Cordeur dui ook op die verband tussen MTGTO, nasiebou en positiewe identiteitsvorming. Hy fokus veral op ’n moontlike MTGTO-beleid vir Afrika-tale.

LitNet Akademies (Skole): SBA-projekte

2012-04-25 Die volgende SBA-programme bied noodsaaklike ondersteuning vir leerders, onderwysers en skole:

LitNet Akademies: Hermann Hesse: die gewilde én gehate Nobelpryswenner

Philip van der Merwe 2012-04-20 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" stel Philip van der Merwe ons voor aan die fiksie van Herman Hesse.

LitNet Akademies: Getuigskrifte van groot geeste – ’n inleiding tot Nobelpryswenners vir letterkunde

2012-04-20 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" skryf twee navorsers kortliks oor Nobelpryswenners vir letterkunde wat hulle as 'ondergewaardeer' ag.

Pos beskikbaar: LitNet-inhoudsbestuurder / -assistentinhoudsbestuurder

2012-04-20 Is jy 'n Suid-Afrikaanse kultuurfoendie wat aanlyn leef? Doen aansoek vir 'n inhoudsbestuurderpos by LitNet!

LitNet Akademies: Die visioenêre fiksie van Patrick White

Bridget Grogan 2012-04-19 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" stel Bridget Grogan ons voor aan die fiksie van Patrick White, Australië se enigste Nobelpryswenner vir letterkunde.

’n Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika: ideaal, wenslik, haalbaar, werklikheid, hersenskim?

Charl Wolhuter 2012-04-19 Hierdie artikel ondersoek Suid-Afrikaanse hoër onderwys met betrekking tot die strewe na die vestiging van wêreldklasuniversiteite, wat in baie lande van die wêreld nagestreef word.
Top