Die Julie-uitgawe van Hoezit! is nou op die rakke!

  • 0
 
Die Julie-uitgawe van Hoezit! is nou beskikbaar!

Kom kuier saam met Hoezit!

Die Julie-uitgawe van Hoezit! is nou op die rak.

Dié maandelikse voortiener-tydskrif vir ouens en meisies is propvol moet-weet inligting, vermaaknuus en tonne kompetisies!

Op die voorblad pryk Jake Short van Disney se A.N.T. Farm en hy deel van die snaakse gebeure agter die skerms van dié gewilde reeks.

Toer saam met Hoezit! deur Doebai en leer interessante feite oor dié inkopieparadys.

Vir Batman-aanhangers is daar ’n plakkaat van die akteur, Christian Bale, wat die hoofrol in The Dark Knight Rises vertolk. Dié fliek is binnekort op die groot skerm.

Lesers kan natuurlik ook hope pryse wen: Cartoon Network-geskenkpakke, Dolphin Tale-DVD's, Disney Geek Charming-DVD's, klankbane van die Hunger Games-fliek en lekker boeke om mee op te krul hierdie winter, insluitende die Speurhond Willem in die Ruimte.

Teken nou in en wen: As jy voor 31 Julie inteken op 12 uitgawes, staan jy ’n kans om een van vyf Nintendo DSi XL-konsoles te wen.

Onthou Hoezit! is ook nou beskikbaar as ’n digitale tydskrif, om afgelaai en gelees te word op jou rekenaar, tablet of selfoon. Maak ’n draai by http://www.mysubs.co.za/Hoezit om sommer nou in te teken.

Sluit ook aan by ons Facebook-groep: www.facebook.com/ATKVHoezit vir nuus en vet pret.

Inligting oor Hoezit!

Hoezit! is ’n maandelikse Afrikaanse tydskrif vir ouens en meisies tussen die ouderdomme van 8 en 14. Die inhoud fokus op vyf spesifieke afdelings:

*  Vermaak - alles en nog wat oor flieks, musiek, boeke, speletjies en sternuus.
*  My wêreld - ’n kykie na verskillende lande, diere, kulture, die ruimte en tegnologie.
*  Ek voel - fokus op die emosionele welstand van jongmense. Hoe hanteer jy boelies? Hoe voel eerste liefde?
*  Slimkop - skoolsillabus-gedrewe inhoud perfek vir skooltake en weetgieriges!
*  Vet pret - sudoku's, woordpret, soek die verskille en hope praktiese doengoed.

 

Vir meer inligting oor die tydskrif en om in te teken:

Redakteur: Donnay Torr
011 919 9063
[email protected]

Intekenare: Lillian Meyer
011 919 9112
[email protected]

Advertensieverkope/ bemarking: Morné van Staden
011 919 9091
[email protected]

* Inteken-kompetisie geld nie vir die digitale weergawe van Hoezit! nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top