Fotoblad: Kaaps in fokus-simposium

  • 0

 

Dylan Valley, die regisseur van Afrikaaps, gesels oor Kaaps in die filmbedryf. Valley het die gehoor laat skaterlag met ’n YouTube-video wat die film 300 in Kaaps parodieer.

 

Die rymkletser Hemelbesem, alias Simon Witbooi, het oor Kaaps in hip-hop-kultuur gepraat.

 

“Mense praat Kaaps, nie omdat dit ougat of ‘cute’ is nie, maar omdat dit hulle taal is.” – Anastasia de Vries

 

Anastasia de Vries van Rapport en Steward van Wyk

 

Danie van Wyk het sy referaat “Ekonomiese bemagtiging in Kaaps – ’n geletterdheidsperspektief” gelewer.

 

Danny Titus rig ’n vraag aan Michael le Cordeur.

 

Die gehoor is die geleentheid gegee om vrae aan die kongresgangers te stel.

 

Dmitri Jegels van die UWK se Departement Linguistiek het die kwessie van sosiale en opvoedkundige geletterdheid in Kaaps in Manenberg bespreek.

 

Frikkie Lombard van WAT en Magdaleen Kruger van RSG neem fluks notas.

 

Danie van Wyk: “Die ekonomiese basis van Kaaps is sterk, alhoewel daar ’n persepsie is dat Kaaps geen ekonomiese waarde het nie. Dit beskik egter oor die potensiaal om ’n ekonomiese mag in die Wes-Kaap te word waarmee rekening gehou moet word.”

 

Hemelbesem luister na Quentin Williams se praatjie oor Kaaps in rymkletsmusiek.

 

Marius Titus lei ’n paneelbespreking oor Kaaps in letterkunde met digters Floris Brown, Diana Ferrus en Willem Fransman. Willem Fransman het die feit benadruk dat Kaaps “nie ’n kuriositeit is nie, maar ’n taal uit eie reg”.

 

Quentin Williams of the Department of Linguistics (UWC) delivered a paper titled “Stylising Kaaps, Intertextuality and the coproduction of Racial Identity in a Freestyle Rap battle”.

 

Danie van Wyk en Steward van Wyk in gesprek.

 

Energieke musikante het die kongresgangers vermaak.

 

Die boodskap van hierdie musiekgroep was: “We are more alike than different.”

 

Quentin Williams en Willem Fransman geniet ’n koppie tee en versnaperinge.

Foto's: Elzette Steenkamp

Klik hier om Gunther Pakendorf se verslag oor die simposium te lees.
Klik hier om Danie van Wyk se referaat te lees.
Klik hier om Michael le Cordeur se abstrak te lees.
Klik hier om Anastasia de Vries se abstrak te lees.
Klik hier om Hein Willemse se abstrak te lees.
Klik hier om Ernst Kotzé se abstrak te lees.
Klik hier om Dmitri Jegels se abstrak te lees.
Klik hier om Christo van Rensburg se abstrak te lees.
Klik hier om ’n onderhoud met Ria Olivier te lees.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top