Abstrak – Kaaps in fokus-simposium: Twee betekenisvolle momente in die geskiedenis van Kaaps

  • 0

Twee sake kom in hierdie voordrag aan bod. Eerstens is daar die identifiseer van die vroegste Kaaps. In die eerste periode van die geskiedenis van Afrikaans – die voor-1652-periode – is die eerste Kaaps opgeteken. Hierdie eerste periode, wat tot dusver maar effentjies verken is, begin nadat Van Linschoten in 1592, en De Houtman en Lodewycks in 1595, die Kaapse kus besoek het. Die opgetekende Kaaps uit daardie periode is ouer as enige ander Afrikaanse vorme. Hierdie woorde, en taalverskynsels wat daarin voorkom, is tans nog bekend onder sprekers van Kaaps. Baie daarvan kry ons vandag in woordeboeke en in die AWS.

Tweedens word gekyk na wat gebeur wanneer die vraag: “Hoe word woorde vanuit die periferie deel van Afrikaans?” beantwoord word. Gewoonlik vra historici die vraag: “Waar kom bepaalde woorde vandaan?” Ondersoekers kom meer agter oor Afrikaans wanneer die hoe-vraag gevra word. Dit blyk uit die geskiedenis van ek in Afrikaans: ‘n betekenisvolle voorbeeld van hóé woorde uit Kaaps algemeen-gebruiklike Afrikaans geword het. Daardie geskiedenis is nie ‘n herkomsverhaal nie. In die Afrikaanse taalwêreld is hierdie proses ‘n sosiohistoriese verhaal. Dan kom gestigmatiseerdheid na vore, asook die omstandighede waaronder normverandering plaasvind, wat ook verspreiding en inburgering insluit.

Lees die volledige program van die Kaaps in fokus-simposium.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top