Abstrak – Kaaps in fokus-simposium: Oor mag, kreolisering en Kaaps

  • 0

Vir taalnavorsers is van die hoofaannames dat Standaardafrikaans ‘n ideaaltipe is en dat geen spreker werklik die standaardvariëteit besig nie; dat ons almal een of ander subvariëteit praat. Wat minder gereeld ondersoek word, is dat die standaardvariëteit ook geïnterpreteer kan word as ‘n uitdrukking van mag – onder meer in die media, die onderwys en die ekonomie. Naas hierdie kwessies word aspekte van Kaaps as letterkundige uitdrukking in hierdie voordrag in oënskou geneem. Die huidige gesprek oor Kaaps staan daarom nie los van gesprekke oor mag, demokratisering en hernormering in die breë Afrikaanse gemeenskap nie.

Die “gesprek” is wydlopig en begin by normering rondom Standaardafrikaans, sodat meer Afrikaanssprekendes hulle daarin kan herken, maar dit sluit ook vrae in oor bidialektiese onderwys en die plek van alle Afrikaanssprekendes in sentra van die media, onderwys en die ekonomie.

Lees die volledige program van die Kaaps in fokus-simposium.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top