LitNet Akademies-resensie-essays moet aan die volgende vereistes voldoen:
- ’n LitNet Akademies-resensie-essay moet bedrewe gekonstrueer en deurgekomponeer wees. ’n Minimum van 2 500 woorde word vereis.
- ’n LitNet Akademies-resensie-essay is egter nie bloot ’n langer resensie wat ’n waarde-oordeel oor ’n spesifieke teks uitspreek nie, maar eerder die kritiese ontleding van ’n teks vanuit ’n bepaalde teoretiese oogpunt. Die onderskeidende kenmerk van ’n resensie-essay is dus die essay-komponent van die woord.
- Slegs nuwe of baie onlangse Afrikaanse boeke (of ’n heruitgawe van ’n ouer boek wat pas verskyn het) kan as die fokus van ’n resensie-essay gekies word. Die resensie-essay kontekstualiseer die teks binne ’n spesifieke literêre tradisie en/of historiese tydperk.
- Volg asseblief die stylriglyne – veral wat die formaat van bibliografieë aanbetref.
- Alle bydraes is onderhewig aan keuring.
Stuur jou essay-konsep (twee of drie sinne) aan Etienne van Heerden by etiennev@mweb.co.za.