Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman

Susan Smith 2012-06-12 "Ekokritiek kan breedweg gesien word as die studie van kultuurprodukte soos kunswerke, skryfwerk en wetenskaplike teorieë wat hulle bemoei met die menslike verhouding met die natuurlike wêreld."

LitNet Akademies: Anne-Marie Beukes in gesprek met Alta van Rensburg

Alta van Rensburg 2012-06-11 Anne-Marie Beukes gesels met Alta van Rensburg oor haar LitNet Akademies-artikel "Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing".

Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene Cloete LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-06-08

"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."

Vonnisbespreking: Beskrywing van geskenkte onroerende goed wat met ’n verband beswaar is

Johan Lötz, Chris Nagel 2012-06-07 Hierdie vonnisbespreking handel oor die vraag of die feit dat onroerende goed wat geskenk word met ’n verband beswaar is, ’n wesenlike beding is wat in die skenkingskontrak vervat moet word ten einde aan die geldigheidsvereistes van artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding 68 van 1981 te voldoen.

Elzette Steenkamp gesels met Catherine Snel oor die Afrikaanse Taalmuseum se opvoedkundige projekte

Elzette Steenkamp, Catherine Snel 2012-06-07 Elzette Steenkamp in gesprek met Catherine Snel oor die Afrikaanse Taalmuseum se verskeie opvoedkundige projekte.

’n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde

Burgert A Senekal 2012-06-06 "Inligting is ’n wesenlike probleem in die 21ste eeu – meer so as in vorige tydperke waar relevante, akkurate inligting uit kleiner datastelle ontgin moes word. Bo en behalwe die problematiek rondom die verifiëring van inligting en die impak wat die leser se vooroordele het, word die hedendaagse mens met ’n data-tsoenami gekonfronteer."

Wat jy moet weet van wetenskapfiksie

Fanie Viljoen 2012-06-05 "Ek het voor tienuur die oggend ’n hele blok donkersjokolade in, en dis dalk die perfekte manier om jou kop aan die gang te kry en te dink aan die bittersoet verleiding van ruimtewesens en Vreemde Vlieënde Vaartuie ..." Leer by Fanie Viljoen oor hoe om ’n wetenskapfiksie-kortverhaal te skryf.

Aandag alle leerders: Wen groot pryse met jou wetenskapfiksie-kortverhaal!

2012-06-01 LitNet Akademies Kuberklas nooi leerders in gr 10 tot 12 uit om hul verbeelding vrye teuels te gee en ’n Afrikaanse wetenskapfiksie-kortverhaal te skryf. Jy kan GROOT pryse wen!

Die relatiewe welvaart van die vroeë Kaapse setlaars

Johan Fourie 2012-05-31 "Deur van 2 577 onlangs gedigitaliseerde boedelinventarisse gebruik te maak, toon hierdie artikel dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding relatief welaf was aan die begin van die 18de eeu..."

LitNet Akademies Kuberklas: Baie boublokke bou saam aan ’n beter tuiste

Danie van Wyk, Naomi Meyer 2012-05-30 Danie van Wyk vertel van ’n olimpiade en ’n kongres – twee van die projekte waarmee die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans beter resultate wil bou.

LitNet Akademies (Skole): Community Punching Bags-projek geopen

Elzette Steenkamp 2012-05-29 Die Community Punching Bags- (CPB-) projek, ’n uitstalling van kleurvolle “gemeenskap-slaansakke”, is op 23 Mei 2012 by die anneks van die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad geopen.

LitNet Akademies (Regte): Corlia van Heerden in gesprek met Jannie Otto

JM Otto, Corlia van Heerden 2012-05-29 Corlia van Heerden gesels met Jannie Otto oor sy LitNet Akademies-artikel "Die afkoelreg in die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming".

Om ’n deeglike “aanmaning van sterflikheid” te kry: katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach

Adéle Nel 2012-05-25 "My uitgangspunt is dat relasionaliteit op tweërlei wyse in Die benederyk manifesteer: as ’n ontologiese verwantskap op persoonlike vlak tussen mense (hetsy met betrekking tot familie- of vriendskapsbande), en ook as ’n ontologiese verwantskap tussen spesifieke kunstenaars deur die eeue heen."

LitNet Akademies Kuberklas is op soek na kubermentors!

2012-05-23 Het jy ’n idee om wiskunde en die natuurwetenskapvakke uit die klaskamer te haal en dit aan te pas vir ’n nuwe generasie tegnogeletterde leerders? LitNet Akademies Kuberklas wag voorstelle in vir wiskunde- of wetenskapskoolprojekte.

LitNet Akademies (Skole): Elzette Steenkamp gesels met Elna Barnard van die Grahamstadse Onderwys Distrikkantoor

Elzette Steenkamp, Elna Barnard 2012-05-23 Elzette Steenkamp gesels met Elna Barnard oor die wiskunde- en wetenskapgerigte projekte van die Grahamstadse Onderwys Distrikkantoor.

Sterskole: Die ATKV vereer die Imizamo Yethu Sekondêre Skool

2012-05-22 Die ATKV se Sterskole-projek het ten doel om die uitstaande verbetering in onderpresterende skole te identifiseer en dan erkenning aan daardie skole te verleen. Die eerste skool wat hierdie toekenning ontvang het, is die Imizamo Yethu Sekondêre Skool in Thembalethu, George.

Vacancy: Lecturer/Senior Lecturer/Professor, Adam Mickiewicz University (UAM), Pozna?, Poland

2012-05-21 Due to growing student numbers Adam Mickiewicz University (UAM) in Pozna?, Poland, will be requiring an additional (third) South African lecturer in the Department of Dutch and South African Studies. Appointment will be from October 2012.

Hoezit, Fanie Viljoen!

Fanie Viljoen, Naomi Meyer 2012-05-17 "Hoezit! se uitleg en artikels is baie kleurvol en lewendig. Dit dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe, soos vermaak, die natuur, die wêreld, emosies, en meer. Die kort brokkies inligting sorg dat dit nooit vervelig word nie. Dit maak die tydskrif ongelooflik gebruiksvriendelik vir kinders en skole (en volwassenes!)."

Aantekeninge: Die reg op kennis van die eie afstamming

Johann Neethling 2012-05-17 "Die belangrikheid van die reg op kennis van die eie afstamming beteken nie dat dié reg absoluut geld nie, aangesien dit in botsing kan kom met byvoorbeeld die reg op privaatheid van die biologiese ouers."

LitNet Akademies: Lang Lang – Enkele opmerkings oor vertoonkuns, verhoogkuns en virtuositeit.

Mareli Stolp 2012-05-16 Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" bespreek Mareli Stolp Lang Lang se openbare beeld as omstrede vertoonkunstenaar.
Top