Pearson skenk twee beroepsonderrig-wiskundeboeke aan LitNet-lesers. Die hoofdoelwitte van die beroepsonderrigboeke is om leerders toe te rus met akademiese kennis en die praktiese toepassing en verstaan van wiskunde binne ’n konkrete werksomgewing. Graad 12-leerders kan baat vind by hierdie boeke, omdat die materiaal op dieselfde vlak as graad 12-wiskunde ontwikkel is.
Die boeke is De Wet en Trollope se Pathways to Mathematics NCV Level 4 (ISBN 978 0796226198) en Elliot, Els, Le Roux, Mabusela en Richardson se FCS Mathematics NCV Level 4 (ISBN 978 177025 4060).
Stuur jou naam, adres en kontakbesonderhede aan [email protected] om die boeke te kry.
Lees oor ’n ander benadering tot wiskunde.
Hier is vraestelle van November 2011.
Wenner: Anneke Krynauw