Abstrak – Kaaps in fokus-simposium: Die historiese dinamika van Kaaps – toe en nou

  • 0

In hierdie voordrag word die prosesse wat toentertyd en hedendaags by die vorming van taal aan die werk was en is, bekyk, en in die besonder op Kaaps van toepassing gemaak. Begrippe soos pidginisering en kreolisering as vernuwingsmeganismes, en ook as taalneerslag van sosiale kragte, word duidelik gemaak, asook die dikwels omstrede proses van standaardisering. Daar word verder gefokus op die belangrike rol van Kaapse Moesliemafrikaans as kerndialek van Kaaps, en Kaaps as die matrilek van Afrikaans. Die historiese waarde van Arabies-Afrikaans (die geskrewe vorm van Kaapse Moesliemafrikaans vanaf ongeveer 1815 tot 1950), sowel as fonetiese rekord én as leksikale dokumentasie van die woordeskat van die sprekers, word belig. Laastens val die soeklig op die historiese en moderne eienskappe van Kaaps, waarin sowel die jaarringe van eeue gelede as die botsels van nuwe ontwikkeling na vore kom.

Lees die volledige program van die Kaaps in fokus-simposium.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top