Wenners van die Nasionale Skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Skrywers 2012, bekend

  • 0

Die Fakulteit Geesteswetenskappevan die Universiteit van die Vrystaathet vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaaras borg en gewaardeerde vennoot van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se nasionale skryfwedstryd opgetree. Die afgelope paar jaar al fluktueer die inskrywingstal van hierdie gewilde 33-jaar oue nasionale skryfwedstryd in die omgewing van net bo of net onder 1000 inskrywings vanoor die hele land. Vanjaar is dit die tweede meeste inskrywings sedert die aanvang van die wedstryd in 1979 en die wedstrydpos is weer eens gedeeltelik deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)geadministreer. Oor die jare heen is die statuur van die BSV-skryfwedstryd in die land oor en oor bevestig deur die vroeë identifiserig en bekendstelling van jong en onontdekte talent en die slyp, aanmoediging en ondersteuning van nuwe skrywers op hul skrywerspad, wat in vele gevalle gelei het tot die ontwikkeling van gerekende en bekroonde skrywers op nasionale vlak.

Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), is daar vanjaar ’n definitiewe styging in die getal inskrywings van hoërskoolleerders – ’n welkome tendens as in ag geneem word dat die jongmense van vandag, die Afrikaanse skrywers van môre gaan wees. Leerders huiwer ook nie om in volwasse afdelings deel te neem - en bekroon te word nie! Die groot hoeveelheid wenners uit Bloemfontein self het ook vanjaar verras. Hoërskool D.F. Malan, Belville, het vanjaar weer skoonskip gemaak deur al vier skolewisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, te verower. Skole vanoor die hele land het deelgeneem. Buiten vir die prysgeld, sertifikate en trofeë, word al die wenners en eervol vermeldes op Saterdag, 25 Augustus 2012 na Bloemfontein genooi om’n gratis slypskool by rillerskrywer, Francois Bloemhof, as deel van hul prys by te woon. Al die bekroonde inskrywings en beoordelaarsverslae word in Inkvars 2012 gepubliseer en hierdie publikasie word ook op 25 Augustus 2012 uitgereik wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein oorhandig word.

Belangstellendes wat die slypskool wil bywoon, of Inkvars 2012, ’n nuttige hulpmiddel in stelwerkklasse,wil bestel, kan nou reeds me. Lelani Fourie (BSV-sekretaresse/ tesourier) by [email protected] of by 0733883377 kontak.

Die wenners van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se nasionale skryfwedstryd, “Skrywers 2012”, is:

SKOLE-AFDELING (A):
JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)
1ste: Daniëlle Dempers gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
2de: Lenelle Henning gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
3de: Jean du Plessis gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
Eervol vermeld: Suzanne Jacobs gr. 9, Hoërskool Menlopark, Menlopark

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)
1ste: Kirsten de Wit gr. 10 Hoërskool D.F. Malan, Bellville
2de: Gina Barkema gr. 10, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
3de: Michelle Viljoen, gr. 11 C & N Sekondêre Meisieskool Oranje,
Bloemfontein
Eervol vermeld: Jana Eksteen, gr. 10, Hoërskool Swartland, Malmesbury

ALGEHELE SKOLEWENNER: Kirsten de Wit gr. 10 Hoërskool D.F. Malan, Bellville

OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):
1ste: Mnr. Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein
2 de: Mnr. Dionne Crafford, Langenhovenpark, Bloemfontein
3 de: Mev. Carla Els, Pellissier, Bloemfontein
Eervol vermeld: Mnr. James Roux, Hluhluwe

OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):
1ste:     Dr. Hannes Haasbroek, Fichardtpark, Bloemfontein
2de:      Mnr. Dunes van der Merwe, Strand
Eervol vermeld: Mnr. Nic Viljoen, Noorsekloof, Jeffreysbaai

OPE AFDELING D (Poësie):
1ste: Mev. Irene Raath, Langenhovenpark, Bloemfontein
2de: Me. Magdaleen van Zyl, Piketberg
3de: Me. Wilna van Heerden, Stellenbosch
Eervol vermeld: Christel van der Linde, gr. 12, Hoërskool Burgersdorp,
Burgersdorp

AANMOEDIGINGSPRYS VIR NIE-AFRIKAANSSPREKENDES
Busisiwe Manabe, (Tsongasprekend), gr. 11, Hoërskool Middelburg,
Middelburg

TROFEË:
HAUM-Literêr-wisseltrofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Lees nog oor die BSV se slypskool onder leiding van Francois Bloemhof.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top