Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met wenner Nichola Viviers

Naomi Meyer, Nichola Viviers ATKV-Portaal 2020-12-02

"Alhoewel die virusregulasies leë teaters tot gevolg gehad het, het dit beslis die idee wat ons van teater het en kan hê, vir ewig en totaal verander. Omstandighede het kreatiewe skeppers forseer om nuwe maniere van kuns maak te skep en DigiToneel is maar net een klein voorbeeld van hierdie uiters voordelige aanpassings."

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met naaswenner Jeanne-Marié Koekemoer

Naomi Meyer, Jeanne-Marié Koekemoer ATKV-Portaal 2020-12-02

"Dit is ongelooflik om te sien hoe mense aanhou aanpas en vervorm binne hul gegewe omstandighede en ek dink dis vreeslik nodig om aan te hou beweeg, te verander en groei en dan met dinge soos digitale vertonings dit wel regkry en wel iewers kom."

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent

Naomi Meyer, Merwe van Gent ATKV-Portaal 2020-12-02

"Teater is vir my net so noodsaaklik soos water. Daarsonder sal die samelewing inmekaar tuimel."

Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman

Naomi Meyer, Lize Beekman Musiek 2020-12-02

"Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie."

Beskut teen vrese: ’n onderhoud met Cas Vos

Naomi Meyer, Cas Vos Skrywersonderhoude 2020-11-25

"Dit was nagdonker en ek moes die deur oopmaak. En wie staan daar? Corona met ’n opdrag: skryf oor my en my bondgenote."

The Madibaland World Literary Festival: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Books and writers 2020-11-19

"We may be divided by oceans. We may be divided by time zones, and circumstances, and more. But we are linked by stories, by our desire to dialogue – and I think this festival will be the perfect chance to celebrate that."

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Conradie: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Renée Conradie Skrywersonderhoude 2020-11-12

"Ek het eerlikwaar nie ’n doel voor oë gehad buiten om ’n storie te skryf wat hom by my aangemeld het nie."

Pharos-blokraaiwoordeboeke: ’n onderhoud vir blokraaiselliefhebbers

Naomi Meyer, Annemie Stoman Skrywersonderhoude 2020-11-11

"Elke blokraaigeesdriftige sal vir jou kan vertel van frustrasie. ... Dit was die vernaamste rede vir die skryf van Blokraai-antwoorde. Die geheim is om eers jou kennis te toets en wanneer jy op die punt is waar jy hande in die lug gooi, die boek as hulpmiddel in te span."

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

Naomi Meyer, Marlize Hobbs Skrywersonderhoude 2020-11-04

"Ons skep ons eie waarhede. Lesers besluit self wat hulle wil glo en wat hulle nie wil glo nie, maar glo mý dan: Die emosies in die verhaal is universeel vir ons almal."

Terugkeer op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates en Mustafa Ates

Naomi Meyer, Hevette Ates, Mustafa Ates TV 2020-10-30

"Die Netflix-reeks Chef's table was die inspirasie vir ’n program oor sjefs in klein dorpies en die pilot het ons by Simply Saffron, in my tuisdorp, Prins Albert, verfilm."

ATKV-oorde: ’n onderhoud met Reinard du Plessis

Naomi Meyer, Reinard du Plessis Onderhoude 2020-10-30

"Ons is baie dankbaar dat al sewe ons oorde nou weer volstoom aan die gang is."

"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek

Naomi Meyer, Lara Kirsten Onderhoude 2020-10-22

"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."

Stam: ’n onderhoud met Louw Venter

Naomi Meyer, Louw Venter Film 2020-10-15

"Ek koester ’n droom vir Afrikaanse film wat op sy eie twee bene kan staan op die wêreldverhoog. Onverbonde aan die vrees oor teer punte vir plaaslike gehore. Afrikaanse film wat broos, dapper en modern is op dieselfde manier as onafhanklike kunsfilms soos dié vanuit Suid-Korea, Suid-Amerika en Europa."

’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk

Naomi Meyer, Danie van Wyk Onderhoude 2020-10-15

"DAK is afgelei van die name van drie prominente Khoi-leiers aan die Kaap in die vroeё 1600’s, naamlik Doman, Autshumao en Krotoa."

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert Skrywersonderhoude 2020-10-07

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

Top