Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek

Naomi Meyer, Lara Kirsten Onderhoude 2020-10-22

"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."

Stam: ’n onderhoud met Louw Venter

Naomi Meyer, Louw Venter Film 2020-10-15

"Ek koester ’n droom vir Afrikaanse film wat op sy eie twee bene kan staan op die wêreldverhoog. Onverbonde aan die vrees oor teer punte vir plaaslike gehore. Afrikaanse film wat broos, dapper en modern is op dieselfde manier as onafhanklike kunsfilms soos dié vanuit Suid-Korea, Suid-Amerika en Europa."

’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk

Naomi Meyer, Danie van Wyk Onderhoude 2020-10-15

"DAK is afgelei van die name van drie prominente Khoi-leiers aan die Kaap in die vroeё 1600’s, naamlik Doman, Autshumao en Krotoa."

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert Skrywersonderhoude 2020-10-07

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

Naomi Meyer, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2020-09-23

"Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee."

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg

Naomi Meyer, Zirk van den Berg Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis."

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp

Naomi Meyer, Theo Kemp Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom."

The ANC spy Bible: An interview with Mike Nicol on writing and editing

Naomi Meyer, Mike Nicol Books and writers 2020-09-17

"However, when you are the editor, the relationship with the people mentioned in the story is different: you do not think of them as characters. Your focus is on the structure of the book and the prose, the sound of the sentences. Consequently, I never thought of Moe Shaik as a character; he was the writer."

Plek van poue: ’n onderhoud met Henriëtte Linde-Loubser

Naomi Meyer, Henriëtte Loubser Skrywersonderhoude 2020-09-01

"Die pou was nog altyd vir my fassinerend, en alhoewel ek hom aanvanklik nie bewustelik gekies het nie, het ek gou begin verstaan hoekom hy met Stela se aankoms by die kasteel reeds vir haar op die muurtjie sit en wag het." 

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

Naomi Meyer, Elvis Saal, Cliffordene Norton Skole 2020-08-26

"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."

Aanspreeklikheid: ’n onderhoud met Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2020-08-26

"Dit moenie nodig wees vir ’n skrywer om te sê: Ek is nie soos die karakter nie. En terselfdertyd is jy natuurlik inderdaad soos daardie maaksel van jou. Jy plaas jouself in die vel van iemand wat seker boos is. Jy lig jou eie boosheid na die lig en staar deur die dun porselein na die son."

Wolk: ’n onderhoud met Hannes Barnard

Naomi Meyer, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2020-07-28

"Jou tienerjare is so ’n belangrike deel van jou lewe; so ’n interessante, deurmekaar, soekende deel van ons lewens, dat dit ’n fantastiese plek is om kleurvolle en betekenisvolle karakters te gaan soek."

Justice in the time of COVID-19: an interview on the outcome of LAW FOR ALL’s writing competition

Naomi Meyer, Jackie Nagtegaal Opinion 2020-07-22

"I am deeply worried about the current status quo, and how we will answer in the face of COVID. The justice inequality stands to be aggravated by the aftershock of the epidemic."

Sea star summer: an interview with Sally Partridge

Naomi Meyer, Sally Partridge Books and writers 2020-07-15

"It was during a morning beach walk on one of these trips that he pointed out all the 'sea stars' in a rock pool. I was already writing the book, and that scene automatically made it in."

DigiKuns: ’n onderhoud met Jacqueline Göttert

Naomi Meyer, Jacqueline Göttert ATKV-Portaal 2020-07-15

"ATKV-DigiKuns bied vir die ATKV die geleentheid om gedurende onsekere tye steeds ’n aktivis te bly vir die ontwikkeling van kuns, kultuur, die mens en uiteindelik die samelewing in sy geheel."

Top