Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Die wenners van die Grondwoorde 2020-projek: ’n onderhoud met Wouter Gildenhuys

Naomi Meyer, Wouter Gildenhuys Onderhoude 2021-05-28

"Die kompetisie is meer as net ’n digkompetisie. Dit is nie net ’n inisiatief wat erkenning gee aan die gebruik en handhawing van Afrikaans nie, maar is ook ’n belegging in die skryf en voortbestaan van die taal, om belangstelling in poësie te bevorder, om ondersteuning aan aspirantdigters te verleen en om brûe te bou tussen ’n meer diverse groep leerders."

2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Jayne Bauling

Naomi Meyer, Jayne Bauling Books and writers 2021-05-26

"It’s rewarding and challenging to write for readers who are no longer children but who feel things intensely."

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Annerlé Barnard

Naomi Meyer, Annerle Barnard Skrywersonderhoude 2021-05-20

"Ek het een nag in die middel van ’n droom wakker geword en onmiddellik geweet dat my droom die begin van ’n storie was wat ek net móés skryf. Robotte was in ’n spel met die mensdom gewikkel."

2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Othusitse Moses Lobelo

Naomi Meyer, Othusitse Moses Lobelo Books and writers 2021-05-19

"Besides, our youth in schools cannot read only about love and witchcraft from those old books written by old authors. We must start passing fresh information on to them by writing about the problems and concerns of today."

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Lydia Gittens

Naomi Meyer, Lydia Gittens Skrywersonderhoude 2021-05-17

"Ek is tans werksaam as verpleegkundige in ’n rehabilitasiesentrum vir alkohol- en dwelmverslaafdes. Dis ook hier waar my passie vir skryf werklik begin het."

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Ihette Senekal

Naomi Meyer, Ihette Senekal Skrywersonderhoude 2021-05-11

"Vyf sekondes voor Vrydag se hoofkarakter is Jana Roux, ’n doodgewone graad 11-meisie – en soos alle doodgewone graad 11-meisies, het sy ook haar geheime."

NP van Wyk Louw: Versamelde dramas – ’n onderhoud met Kristél de Weerd en Deborah Steinmair

Naomi Meyer, Deborah Steinmair, Kristél de Weerd Skrywersonderhoude 2021-05-11

"Sy geskenke aan ons taal, ongelukkig nou gesien as die taal van die onderdrukker, sal oorleef solank Afrikaans, nerfaf en gekneus, oorleef."

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Andries Bezuidenhout

Naomi Meyer, Andries Bezuidenhout Onderhoude 2021-05-07

"Waar jy jou op die landskap bevind, bepaal hoe jy die landskap beleef – of jy tuis of vervreemd voel, of dalk gemengde gevoelens daaroor het, of jy in ’n woonstelblok, ’n sekuriteitskompleks of ’n informele nedersetting woon. Landskappe is ook hoogs simboliese plekke."

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien

Naomi Meyer, Faeed Amardien Skrywersonderhoude 2021-05-06

"Ek dink daar word nie genoeg erkenning gegee aan Kaapse Afrikaans nie. Dis ’n storie wat handel oor die narratief op die Kaapse Vlaktes, dus het ek gedink dis meer eg en outentiek om in Kaaps te skryf. Dit pas in die verteller se mond en maak dit baie meer persoonlik terwyl jy lees."

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Sarie Nell

Naomi Meyer, Sarie Marais-Nell Skrywersonderhoude 2021-05-05

"Twee jaar gelede vertel ’n bejaarde familielid vir my ’n aangrypende ware verhaal. Dit maak daarna nes in my gedagtes."

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Salvia Ockhuis

Naomi Meyer, Salvia Ockhuis Skrywersonderhoude 2021-05-05

"Ek skryf graag stories oor my komvandaan, aangesien daar nie juis sodanige letterkunde tans bestaan nie en die ouer garde besig is om (stories en al) uit te sterf."

Besondere erepenning van die SA Akademie 2021: ’n onderhoud met Rina Loader

Naomi Meyer, Rina Loader Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021-04-30

’n Besonderse erepenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is onlangs aan Rina Loader, woonagtig in Oostenryk, toegeken. Die prys word aan haar toegeken vir haar bydrae oor 23 jaar met betrekking tot die bevordering en bekendstelling van Afrikaans in Europa en in die besonder haar betrokkenheid by die onderrig van Afrikaans aan die Universiteit van Wene. Sy praat met Naomi Meyer oor hierdie toekenning en haar betrokkenheid by Afrikaans in die buiteland.

2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Penny Lorimer

Naomi Meyer, Penny Lorimer Books and writers 2021-04-26

"What distinguishes South African stories is that they are about people who experience our environment in the same way we do, who look like us, who understand the specific challenges we face, perhaps in more profound ways than people in other English-speaking parts of the world."

2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Francis Tebesi

Naomi Meyer, Francis Tebesi Books and writers 2021-04-26

"I want them to pursue their studies and other talents they have, even if it is tough and challenging, because in all hard work there is reward, and hard work pays."

Sanlamprys vir jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Betsie van Niekerk

Naomi Meyer, Betsie van Niekerk Skrywersonderhoude 2021-04-23

"Nie net hulle lyding, verslaenheid en oorlewing is ’n groot deel van die verhaal nie, maar ook hulle ongelooflike vermoë om te midde van alles tog met lewe aan te gaan; selfs vreugde en hoop te vind, om onverpoosd núút en oor te begin."

Top