Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Julian Jansen Skrywersonderhoude 2021-03-31

"Die boek is vir die afwesige pa wat nog huiwer om huis toe te gaan, en dié wat baie tentatief betrokke is by hul kinders se opgroei. Diegene wat dalk papgeld betaal, maar nie emosioneel betrokke is of wil wees nie. Die boek is vir diegene in alle fasette van 'afwesigheid'. You name it. Menere, julle is potensiële bates."

kykNET Fiëstas Awards: An interview with Terry Fortune

Naomi Meyer, Terry Fortune kykNET Portaal 2021-03-30

"I am overwhelmed, thrilled and delighted to be chosen out of a kaleidoscope of South African performers."

kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met De Klerk Oelofse

Naomi Meyer, De Klerk Oelofse kykNET Portaal 2021-03-30

"Ek dink dis wonderlik dat kykNET deurgedruk het en tog die Fiëstas aangebied het vanjaar. Jy weet, ek kan nie onthou dat die President die afgelope jaar in enige van sy toesprake kunstenaars eers genoem het nie."

Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-03-29

"Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is."

kykNET Fiëstas Awards: An interview with Bob Martin

Naomi Meyer, Bob Martin kykNET Portaal 2021-03-24

"My eternal thanks for kykNET’s very generous Legende Fiësta award ..."

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Louis Krüger

Naomi Meyer, Louis Krüger Skrywersonderhoude 2021-03-23

"Jy vergeet nooit die dag, die oomblik, wanneer jou karakters uit die donkerte te voorskyn kom nie."

Closure of Fugard Theatre: an interview with Daniel Galloway

Naomi Meyer, Daniel Galloway Interviews 2021-03-18

"The live experience, the exchange between actor and audience, which theatre uniquely offers, cannot be replaced by other mediums."

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Kirby van der Merwe

Naomi Meyer, Kirby van der Merwe Skrywersonderhoude 2021-03-18

"Ek skryf oor ek nie anders kan nie. Skryf is vir my enersyds verskriklik moeilik. Andersyds ongelooflik bevredigend. Dis ’n Jakob-engel-worsteling."

kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Dean Balie

Naomi Meyer, Dean Balie kykNET Portaal 2021-03-17

"Teater gaan sterker en nog beter terugkom!"

kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Cintaine Schutte

Naomi Meyer, Cintaine Schutte kykNET Portaal 2021-03-17

"Eerstens was dit ’n ongelooflike verrassing. Ek het dit glad nie sien kom nie. Ek dink na ’n jaar soos dié moet elke kunstenaar so ’n toekenning kry."

kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Jana Hattingh

Naomi Meyer, Jana Hattingh kykNET Portaal 2021-03-17

"In ’n desperate situasie, waar oorlewingsplanne gemaak moet word, is die erkenning aan die fees en al die rolspelers van onskatbare waarde. Ons is dankbaar vir kykNET wat, te midde van die inperkings, steeds die kunste ondersteun en werk verskaf aan kunstenaars, tegnici en verskaffers."

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Francois Smith

Naomi Meyer, Francois Smith Skrywersonderhoude 2021-03-17

"Ek wil graag glo dat ek om dieselfde rede skryf as wat ’n boer ploeg of as wat ’n loodgieter geisers herstel – omdat ek in die wieg gelê is daarvoor."

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2021-03-17

"Skrywers reageer op hulle onmiddellike omgewing. In ons onmiddellikheid is daar ’n pandemie. Ons gaan daaroor skryf. Is daar nie ’n pandemie nie, maar ’n dreigende burgeroorlog, of kulturele droogte, skryf ons oor daardie stel omstandighede."

LitNet Akademies-onderhoud: Frederik van Dyk oor grond, grondhervorming en grondonteiening

Naomi Meyer, Frederik Rudolph van Dyk Onderhoude 2021-03-08

"Die ware vraag is wat die staat ná onteiening met grond doen."

Gangsters: ’n onderhoud met Carla van der Spuy

Naomi Meyer, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2021-03-05

"Die boek is nie ’n meningstuk nie. Dit is die mense se eie stories in hul eie woorde en hul eie taal. Anders is dit nie eg nie."

Top